Jongste aktiwiteit:

In Peitho se rok geklee

Die gif drup van jou tande
ywerig kom smee jy bande.

Jy meesmuil so wreed
kom plant jy diep jou leed.

Ongenaakbaar spoeg jy wraak
jou haat hier te kom braak.

Drapeer jy jou in ‘n laken
Om jou grense af te baken.

Kap jou naels die vrede in
Bitter te skend vir jou gewin…

(Peitho-  die Griekse godin van verleiding en oorreding)

© Carla Visser




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed