Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: In My Donker Huis

Deur ilse watson
Datum gepubliseer: 13 Maart 2017 Aantal woorde: 229 126 Kere gelees 1

Jy het vir my ‘n huis gebou; Nie omdat ek jou gevra het nie.

Dit is nie die huis wat ek wou gehad het nie; Nee, jy het my in ‘n donker poel ingesmyt.

Die koue was was skokkend, ek het probeer swem.

Jy stuur donker spoke na my kop; Ek hardloop deur my huis.

Van bo na onder, heen en weer; Ek soek die stemme.

Hulle is so luid in my kop; Hulle roep my nader.

Steek hul swart tentakels uit om my te vang; Ek kan nie nee sê – ek is betower.

Maar dit is tog my donker huis; Hier woon ek saam met hulle.

Dit word donkerder en ek raak sieker; In my donker huis hardloop ek in sirkels rond.

Ek wil die gespuis uit my kop uit ruk; Ek wil in my donker kas wegkruip.

Ek soek my wapens – ek moet hierteen veg; Hulle lê in kleurvolle hopies op my bed.

Hulle skree vir my – vat ons, want dan sal jy lig sien; Ek gooi hulle van my bed af.

Nee, julle gaan nie van my besit neem nie; Ek jaag die stemme weg. Ek haal asem.

Ek is so moeg, die slaap oorval my; As ek slaap, is daar nie spoke of donkerte nie.

Vroegoggend loer ek onder die kombers uit; Erens skyn ‘n flou liggie.

Daar is hoop, hier in my donker huis.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van ilse watson

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 2
    Kommentaar telling: 1

    Sedert Julie 2016 is ek 'n vryskutjoernalis wat hoofsaaklik op psigiatriese siektes fokus, maar ek skryf ook ander (feitelike) artikels vir tydskrifte en blogs.Voor Julie 2016 was ek vir drie jaar 'n joernalis vir Volksblad (Media24) en ook die redakteur van een van hul gemeenskapskoerante, die Kalahari Bulletin in die Noord-Kaap.Verlede jaar (2016) het ek 'n “Magazine Journalism” kursus gedoen en dit met 'n onderskeiding geslaag.Ek het reeds 'n hele aantal Engelse artikels (ek skryf vir Engelse tydskrifte) geskryf en vir hulle aangebied. Die tydskrif 'Natural Medicine' sal in Oktober twee van my artikels plaas.Ek het ook 'n Engelse artikel oor die toekoms van gedrukte media teenoor web media geskryf wat binnekort op die webwerf van die SA/NZ Writer's College se 'Time Magazine' sal verskyn.Ook het ek drie gepubliseerde artikels op die webblad van SADAG (the South African Depression and Anxiety Group).Ek het twee blogs: My Brain Has Hiccups fokus net op “mental health”. My tweede blog: ilse is writing is waar ek sommer vir die lekkerte skryf – gedigte, stories ensovoorts.Ek is ook mede-redakteur, en skryfwer, van die blog Our Lived Experience. OLE fokus net op bipolar disorder.Ek het vir die eerste keer in Oktober 2016 begin om gedigte te skryf – of in elk geval, iets wat vir my soos gedigte lyk. Ek het geen formele opleiding daarin nie.My gedigte is redelik 'donker': Ek ly aan bipolêre siekte en maniese depressie. Ek is al vir drie jaar siek, maar is gelukkig op baie goeie medikasie. Ek beleef my insinkings en dan moet my psigiater weer veranderinge aan my medisyne aanbring, maar oor die algemeen sal ek sê my siekte is 80% onder beheer. Dit is egter 'n siekte wat ek daagliks moet bestuur.Wanneer ek nie goed voel nie is 'n gedig ‘n verwoording van die simptome wat ek beleef. Dit is my droom om eendag ‘n digbundel met al my 'donker' gedigte uit te bring.Ek is bly om deel van ink te wees en ek glo ek gaan heerlike goed hier lees en oulike vriende maak!

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 74 gaste aanlyn