Jongste aktiwiteit:

In die niks tussen jou hart en jou knieë

In die niks tussen jou hart en jou knieë
kan ’n liefde ongesiens,
onontdek
sluimerend groei,
tot eendag!
Sou jy dan jou tassie pak
en oor wye oseaan haar vind?

Laat háár dan toe om jou hart te heel,
jou binneste te vul
-nie om met haar te speel, maar-
vir haar te gee
jou hart
jou lewe
en deel die glimlagplooie om jou oë
tot in die dieptes van haar siel.

©adéle




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed