Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hy het sy maat gevind

Deur Janetta-Helena Boonzaaier
Datum gepubliseer: 20 Maart 2017 Aantal woorde: 101 124 Kere gelees 2

Hy het sy maat gevind

Dis volmaan en
kort kort vlieg die
donker skaduwee
van ‘n uil voor die helder
maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos
neer op ‘n fladderende mot,
en jy trek die kombers instinktief
stywer om die skouers en ril
by die veraf huil van ‘n eensame
jakkals se roep na sy maat
wat eggo in jou eie hart en
bonsend in simpatie klop as jy
soekend tas na die leemte langs
jou maar jou stille roep bereik
nie die anderkant nie.
Die jakkals se huil het verstil,
hy het sy maat gevind…

Janetta – Helena [Babs] ©




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 21, 2017

      ‘n Pragtige gedig waar jy die natuur gebruik om eensaamheid so treffend uit te beeld.

    2. profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

      Janetta-Helena Boonzaaier

      Maart 23, 2017

      Baie dankie ELRoux, ek waardeer jou kommentaar baie!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 337
    Kommentaar telling: 204

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 51 gaste aanlyn

    Bydrae Totale