Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Hou die mooi

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 24 Junie 2017 Aantal woorde: 66 37 Kere gelees 3

“Though we travel the world over
to find the beautiful,
we must carry it with us
or we find it not – Ralph Waldo Emerson”

Só staan sy toe
staar na die sterre
skitterend oor die donker nag;
een vir een pluk sy hulle
sit dit in haar sak,
want soms is die dag so duister
dat die son sukkel om te skyn.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 24, 2017

      Ek hou hiervan

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 60
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 24 gaste aanlyn