Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: donderslag: HONDESLAAN en STOKKESOEK

Deur Toom
Datum gepubliseer: 7 Julie 2017 Aantal woorde: 264 80 Kere gelees 2

HONDESLAAN en STOKKESOEK

n Roomse priester in Duitsland is sy amp onthef omdat hy na bewering met die kinders in sy bewaring onsedelik sou omgegaan het. Later kom aan die lig dat die bewering van ‘n man sou gestam het – sonder dat hy daarvan weet – wat veertig jare gelede ‘n pak slae of ‘n klaps op die wang gekry het. Hy sê, by hom was nie die rede van onsedelike beroering nie, maar die biskop is en bly sy amp kwyt.

n Ander man, europese parlementslid, het tydens die onrus van 1968 en daarna beskryf hoe schön (Duits: mooi, lekker) dit is wanneer ‘n vier- of vyfjarige kind jou uittrek – knop vir knop uittrek: én ‘n klompie meer daartoe! Hy het geen enkele woord teruggetrek nie en het nog tot nouliks in Brüssel op sy kussing in die parlement gesit. Wat hy wel nie gedoen het nie, was om die amerikaanse oorlog in Afghanistan te kritiseer.
Juis dít het ‘n biskopin van die Lutherse Kerk gedoen, en sy moes afdank omdat sy met alkohol agter die stuur gesit het. Hoe sy aan die alkohol gekom het, sy wat ‘n nie-drinkerin is, en hoekom die polisie juis aan
díé aand juis aan díé straat gestaan en wag het is nie duidelik geword nie.
Die
rooms-katoliese biskop en die evangeliese biskopin was nie so slim soos die parlementslid nie: Hulle het altwee twyfel aan die sin en geregtigheid van die oorlog in Afghanistan geuiter. Hy nie.


Êrens is sin, ‘n sin, die sin in die voorafgaande. Watter sin? Waar steek dit ?


©7e.Julie2017____???¿§§§¿?¿§§§¿???________(2011)tje


 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 149
    Kommentaar telling: 148

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 18 gaste aanlyn

    Bydrae Totale