Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hierdie is hemel

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 12 Julie 2017 Aantal woorde: 133 63 Kere gelees 3

Hier sit ek,
in die middel van die erf.
Met die Karoo wind,
wat smeulend van vooraf waai,
en die son wat liggies oor hom skyn.
Net ek en my kitaar,
drome groot en wyd versprei,
so baie opgewonde,
ek voel weer soos ‘n kind,
maar hierdie keer,
sal ek vir altyd klein wil bly.

Die wind fluister steeds,
met die son wat minder,
en minder oor hom hang,
maar hy glimlag ook
want ek vertroos hom,
met my kitaar se snare,
hy voel nie meer bang.

Hier sit ek nogsteeds,
net ek en my kitaar,
in die middel van die erf,
die wind wat opgewonde waai,
want vir iemand is hy daar.
Hier sit ek,
dit is ‘n groot bederf,
want hierdie is hemel.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Timothy Timmie De Vos Botha

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 117
    Kommentaar telling: 46

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 99 gaste aanlyn

    Bydrae Totale