Herfstyd
tyd vir afstroping
diep kyk en besin
tyd om Hom te loof
vir ‘n leeftyd van genade
gekaarte hande gehef na bo
tydelikheid gemeet teen ewigheid
van ‘n ondergaande son
padwysers van malse lentes
ryke somers in volle blom
nou vir altyd verby…
hande – wat soveel kon hou –
soveel verloor het…
elke rimpel diep gekerf
bultende are op brose herfsblare
wat binnekort stof sal word
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.