Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Help Die Mal Vrou Skryf

Deur Ila
Datum gepubliseer: 12 Julie 2017 Aantal woorde: 94 108 Kere gelees 6

Help die mal vrou skryf
met haar pantoffels
en bont truitjies,
‘n sigaret wat helder brand
en ‘n glas wyn in haar gekreukelde hand,
Help vanaand die mal vrou skryf
met Neil Diamond plate
wat in die agtergrond blêr
en die drome van ‘n verlore liefde
in die wereld so ver,
Help die mal vrou skryf
oor haar begeertes en daardie somer
op ‘n plattelandse kus dorpie van drome en woorde
waar haar liefde verdrink het
en haar lewe opsy gesit was
haar hart versink het
in sand en nat as

-I Kriel




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Julie 13, 2017

      Mooi

    2. profiel foto van Francois Meyer

      Francois Meyer

      Julie 13, 2017

      Mal oor die vrygees woordspeling!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ila

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 22
    Kommentaar telling: 11

    "Kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oudedoos."

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 14 gaste aanlyn

    Bydrae Totale