Jongste aktiwiteit:

Hartmure

vredige veilige veersagmure
alles is warm en plesierig
troos muur se salige siel
liefde is ‘n beskermende arms
maar een laat donkernag
sit sewejarige seuntjie saam met pa
seks op die kassie
‘n traan breek oor muur se gesig

kinderlike musiek wals teen mure
vrolike getrippel af in die gange
gesonde ronde gesiggie is opvreetbaar
maak muur dankbaar
besit alles wat ‘n kind begeer
pienk spogpophuis tot blonde barbie
‘n skree skril seer teen mure
‘n glas breek agter geslote deur
muur se hart krimp ineen

klipkaal koue mure
vrot geplak van koerante
soms knor-grom ‘n magie
klink soos rasende dromme
maar sterk arms troos kleintjie
liefde is ‘n ma se warm skoot
muur juig en is gelukkig

elke muur het ‘n kraak
elke muur het ‘n skraap
elke muur het ‘n vaal merk
elke muur het ‘n hart

©Roeline




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed