Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Halfjaar Sondes

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 28 Junie 2017 Aantal woorde: 106 27 Kere gelees 1

Die langste nag
Is in n oogwink verby
Waarna dit afdraend is
Na die einde
Ek het gister gewonder hoekom my hande so koud is, hoekom my arms so leeg is en hoekom die straatlig buite my huis vir so lank nou al dood is
Ek wou nader aan die venster sit
Al is hier niks om te sien nie
Miskien gee die illusie van ruimte my
Die illusie van lewe
Iemand het die volume afgedraai
Die lug is dik en klewerig hier om my
Kan ons swem daarin
Gooi jouself grondwaarts en mis
More is dit somer
En dan verlang ons weer
Na die koue




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 28, 2017

      Weereens pragtig

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 11 gaste aanlyn