Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Greenwich-greep

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 30 April 2017 Aantal woorde: 78 80 Kere gelees 3

“The impossible dream – to run where the brave dare not go” – Frank Sinatra

Iewers in die diep blou oseaan
het ‘n skip botstil gaan staan
dobberend op die wasem-asem
van ‘n apokriewe ewenaar
hier weeg lugkastele loodswaar
waar denke duik deur droomlose dae
in sekure sekondes afgemeet
om blinkblou omskryfde woorde
met fyn fragmente en los vokale
te
saai
oor fraiings van ‘n flenter-reënboog
op soek na die verste grootste ster.

© Caren Kearley
Kopiereg word voorgehou




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 1, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    2. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Mei 3, 2017

      Intressant. Veelseggend. Beeld- en woordkeuses geval my baie!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 23
    Kommentaar telling: 1

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 54 gaste aanlyn