Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: God’s liefde

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 20 April 2017 Aantal woorde: 89 93 Kere gelees 2

God se liefde is ewig
Van geslag tot geslag
het Hy ons lief gehad
wat is die mens voor sy Maker
niks in tyd en ewigheid
‘n nietige stoffie in die groot heelal
dis al…
God kyk na die mens met ’n vaderhart
Hy het ons eerste liefgehad
so lief dat Hy sy enigste seun vir ons gee
Hy vergewe ons weer en weer
God se liefde is onpeilbaar
God se liefde is onfeilbaar
Hy is my Vader
in die hemel en op aarde
en ek sy sandkorreltjie kind




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 67 gaste aanlyn