Jongste aktiwiteit:

God se kind

Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry. Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God (Lukas 18:15-16).

ons kinders is ‘n seën
onverdiende geskenke van die Heer
aan ons gegee
‘n erfdeel van God
kinders bring vreugde
kinders bring smart
hou ons op ons knieë
groei in ons hart
kinders is ons toekoms-hoop
wat drome in ons losknoop

jy, my kind is ‘n kosbare kunswerk
uit liefde deur God geskep
nie net ‘n mens uit vel en been
God het Sy asem in jou geblaas
jy is ‘n stukkie van ewigheid
in Sy handpalm ingeseën
jy behoort aan Hom
is net aan my geleen




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed