Jongste aktiwiteit:

GISTERS

elke stukkie van gister netjies toegevou
in aparte kassies word begrawe
die engele het hul omvou elkeen
vergesel hulle op hul reis
na die voete van hul Meester
direk onder ‘n doring boom
wat treurig alleen staan
eenkant in die stilte
van die bosveld
so bekend
in die agter grond het die son onder gegaan
oranje helder lig gegooi teen die donker
wat nader kruip
om plek te maak vir die maan se strale om
helder deur die takke van die doring boom
sy strale te kom gooi
eens uitgedien vir elke
honger dier
die getjank van ‘n jakkals
wat weet sy prooi
is weg vir altyd weg
die doring boom sonder
‘n enkele blaar is gestroop
van die treurige gisters
al hulle kreukel blare
is gebere, nuwe blaarjies
die getrip van die voeletjies
se simfonie wink hul nader
helder ronde liggies staan en grinnik
so effens in die naderende donker
in die verte tjank die haihinas
hoop hulle kry iets te ete
die jakkals weet van beter
beskerm van vuurmaak hout
trek die takke reguit uit hulle
krom posisie hulle weet
die gisters is nie meer
die toekoms die mooi
die groen en die geknippel
aan hulle takke soos belowe
is die more se weg.
jac.
2017-10-13
(KOPIE REG VOORBEHOU)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak