Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geskenk van Ma

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 19 April 2017 Aantal woorde: 108 123 Kere gelees 4

Geskenk van Ma

‘n saadjie het geval – binne in jou skoot
met stem en hand vertroetel en ek word saggies groot

te gou die tyd om die plantjie te verplant
en ek het op die verste warm vlak beland

waar ryp skroei en die winde waai warm
brakwater smaak sleg en jou siel soms verarm

en toe die lewe eindelik vat in my
toe groei ek na ons Heer, nes jy

jou gebede was soos salf op elke wond
en net soos jy smee ek met Hom verbond

nou nestel geloof soos joune in my hart
kan ek my kinders, nes jy, skoei teen smart

© Barbara Smit – 8/3/2017




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 12, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      April 13, 2017

      Pragtige gedig

    3. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      April 20, 2017

      Dit is so mooi…

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 106 gaste aanlyn