Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geloof

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 2 April 2017 Aantal woorde: 66 93 Kere gelees 1

hangbrug van geradbraakte geloof
gespan oor kloof van ongeloof
hang aan drade van genade
wankelend
stukkend
vasgevang
in spinnerak bang
hoop en wanhoop in my
twyfel laat my telkens gly
Here, gee my die geloof
U pad te volg oor hierdie kloof
gee my dag vir dag die krag
een tree te neem op ‘n slag
stil op U wag
op U vertrou
vir nuwe krag




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 20 gaste aanlyn

    Bydrae Totale