Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geloof –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 15 April 2017 Aantal woorde: 83 104 Kere gelees 3

Geloof

Kleine kleine saadjie
in die nag se draai geval
wortels groei ‘n kronkel paadjie
na die Lewensstroom se wal

net genade wat hom sterk laat raak
vier winde doen hul bes om hom buig
tak en blaar geskik om nes te maak
soet soos stroop die vrug om aan te suig

swerwers baken van ver die huis
hul weet die blare kan hul seer genees
terwyl hul rus Gods stem hoor ruis
“Ek ís jou Vader al voel jy wees.”

© Barbara Smit – 8/3/2017




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 11, 2017

      goed gedoen 🙂

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      April 12, 2017

      Pragtig Barbara

    3. profiel foto van Anze

      Anze

      April 12, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 47 gaste aanlyn