Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: GEKWALIFISEERDE PROEFLESER

Deur Abbie
Datum gepubliseer: 21 Julie 2017 Aantal woorde: 118 84 Kere gelees 3

GEKWALIFISEERDE PROEFLESER:(SA Vryskutskrywer) Ek bied my dienste aan.  E-pos elsabedebeer8@gmail.com.

Alma Swart: Ek het ‘n hele ruk terug ‘n storie na ‘n proefleser gestuur waar ek byna nie my eie storie herken het toe hy terug kom nie. Dus sukkel ek maar om proeflesers te vertrou. En so kom Elsabe de Beer toe oor my pad. WOW julle! Sy verander nie jou storie nie, sy maak dit reg, met ‘n verduideliking. Op so manier dat jy nie weer dieselfde fout sal en kan maak nie.
Sterkte en voorspoed Elsabe, mag jy baie satisfaksie uit jou nuwe uitdaging kry. SA Stories kan baie gelukkig wees.
Stuur jou storie na haar, met ‘n geruste hart, vir proeflees.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Abbie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 10
    Kommentaar telling: 3

    Ek is Elsabe de Beer,  gewone vrou wat deesdae ’n nuwe passie ontdek het – skryf van gedigte en stories! Ek was nog altyd baie lief vir enige soort kuns, musiek, skilder , ja ek het ook al heelwat geskilder en geniet die ook baie! Maar van my skooldae af was tale vir my so wonderlik, veral ontleding van gedigte en skryf van opstelle en stories. Vir my was dit altyd BAIE lekkerder as om Wiskunde te doen.                 My skoolboeke was dan almal agterin vol stories en versies wat ek sommer net geskryf het wanneer ek ’n kansie gekry het. Al my jeug liefdes en verlange het ek gedurig met die pen verwoord. Ek dink ek was altyd maar nog ’n dromer, met ideale van ’n idilliese lewe – ha-ha!                 Ek het vroeër  vanjaar ’n Kreatiewe Skryfkursus voltooi en my eerste bundel kortverhale “Petro se Kalvier en ander verhale” is gepubliseer deur Killlian & Malherbe.  Die bundel is saamgestel uit kortverhale wat ek geskryf het, sommige ernstig en sommige nogal snaaks, maar almal gewone menslike verhale wat kom uit die gewone lewe. Vir my is mense baie interessant, ek lief dit om hulle dop te hou  en te luister en dan daaroor te skryf.  My tweede bundel “My Klippie in die Karoo is nou indruk by groep 7. Skrywers groete   Elsabe de Beer

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 17 gaste aanlyn

    Bydrae Totale