Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geknakte riet

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 9 April 2017 Aantal woorde: 74 65 Kere gelees 1

ek geknakte riet nie gebreek
as dolke weer en weer in my steek
kan ek vir more lag
in my swakheid lê Sy krag

verneder en verniel
maar ongeskonde bly my siel
ek weet so seker as wat ek leef
uit roet en as sal ‘n feniks sweef

ek wat so baie kan verdra
alles doen en niks terug vra
weet my krag lê in Hom alleen
wat my gemaak het uit ‘n ribbebeen




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 15 gaste aanlyn