Jongste aktiwiteit:

GEDIGTE IN McGREGOR NAWEEK: HARTSGEBONDE. 25 – 27AUGUSTUS 2017

Alle paaie lei binnekort weer na die mooie plattelandse dorpie McGregor, vir alle liefhebbers van die woordkuns. Die vyfde jaarlikse Gedigte in McGregor naweek vind vanjaar vanaf 25 – 27 Augustus plaas. Vanjaar is daar meer as 90 aanbiedinge en die program sorg vir `n heerlike mengelmoes van bekende, asook nuwe, vars jong stemme in Afrikaans, Engels en Xhosa.

Digters wat van hul werke gaan deel sluit Koos Kombuis, Ashley Dowds, Pieter Fourie, Johan Myburg, Nic de Jager, Kobus Moolman, Lungiswa Nyatyowa, Lerato Sibanda, Philip de Vos, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Lara Kirsten, Fanie Olivier, Koos van der Merwe, Mavis Vermaak, Wendy Woodward, Hermien de Vos en vele meer in. Vir `n volledige lys van al die betrokke digters gaan na: http://mcgregorpoetryfestival.co.za/2017-poets/

Billy Kennedy, eienaar van Temenos en stigter van die Gedigte in McGregor naweek sê dat gedigte `n belangrike rol in ons lewens speel: “Ek glo dit is so noodsaaklik soos vars lug. Iemand het eens geskryf dat baie van die geweld en sielkundige probleme in ons samelewing waarskynlik te danke is aan die gebrek aan poësie. Bevooroordeling is altyd eensydig. Poësie maak gedagtes oop. Poësie is uitdagend; dit kan ons hervorm en herskep. Dit geen ons dieper insig en bewustheid van mekaar en hoe ons almal in gees verbind is. Dit doen vir die gees wat joga vir die liggaam doen.”

Kennedy sê dit was `n maklike taak om `n tema vir vanjaar se Gedigte in McGregor naweek te kies: ‘Hartsgebonde’. Hy sê: “Baie van wat ons die afgelope paar jaar as `n kommittee uitgerig het, met die hulp van die wonderlike digters wat ons van die begin af ondersteun het, is uit die hart gebore. Ons het nou NWO status en al ons fondse word eerstens aangewend om Gedigte in McGregor te laat groei, maar ook om verskeie gemeenskapsprojekte in McGregor te ondersteun. Gedigte in McGregor verwelkom nie net bekroonde en gepubliseerde digters nie, maar ook jong, onontdekte talent.”

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot `n unieke ervaring.

As deel van die Gedigte in McGregor naweek, gaan die MAC projek ook `n spesiale skoledag-program op Vrydag 25 Augustus aanbied. Meer as 800 leerlinge van verskeie skole in die omgewing sal die geleentheid bywoon. Die Kaapse kunstenaar Ha Man! sal saam met Joke Debaere `n konsert van musiek, drama en gedigte aanbied. Die Afrikaanse groep Ruk! gaan ook deur die loop van die oggend optree.

Gedigte-kompetisie: Ons het verlede jaar inskrywings van oor die hele land ontvang en ons nooi jul weer uit om vir vanjaar se Gedigte-kompetisie in te skryf. Hierdie jaar se tema is “Poësie as hartskos.” Alle inskrywings moet hierdie tema reflekteer. Die kompetisie is oop vir ongepubliseerde digters en daar is twee kategorieë:

Oop kategorie vir volwassenes: Die prysgeld vir wenner is R5 000.00
Skole kategorie (oop vir leerders graad 7 tot 12): die wenner kry `n splinternuwe iPad.

Inskrywings kan per epos gestuur word na: mcgpoets@gmail.com voor 10 Augustus 2017. Vir meer inligting en reëls gaan na www.poetryinmcgregor.co.za

Daar is ook vanjaar weer `n aanbieding van die gewilde ‘Open Mic’ sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge (http://hahodge.blogspot.co.za/p/about-me.html). Enige iemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra is welkom. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir die “Open Mic” sessies nie.

Akkommodasie: Bespreek vroegtydig by een van die volgende nommers:

Temenos Retreat: www.temenos.org.za / temenos@lando.co.za / 023 625 1871
McGregor Country Getaways: www.mcgregor-accommodation.co.za / info@mcgregor-accommodation.co.za / 023 625 1409 / 076 411 9477
McGregor Toerisme kantoor: www.tourismmcgregor.co.za / info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954
McGregor Backpackers: www.mcgregorbackpackers.co.za /083 206 8007
Robertson Toerisme kantoor: www.robertsontourism.co.za / info@robertson.org.za / 023 626 4437
Robertson Wyn Vallei: www.robertsonwinevalley.com / manager@robertsonwinevalley.com / 023 626 3167

Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf middel Julie.

Web en sosiale media:

www.poetryinmcgregor.co.za

https://www.facebook.com/McGregorPoetry/

https://www.youtube.com/channel/UCI-ksT9BcSe34670JlWXPKw/feed

Wesgro Weskaap: http://goto.capetown/home

 

INK adverteer net die kompetisie en het geen bande met die aanbieders nie




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak