Jongste aktiwiteit:

Gebroke vrou

Gebroke vrou

Jy sien haar staan
verslete, hartseer en gedaan
sy was eens voluit vrou
maar die lewe het haar afgeknou

Die plooie op haar voorkop
die oë wat verby kyk
die lag wat net by haar mond stop
die hart wat alles opkrop

Jy weet die oë kyk, maar sien nie veel
haar hande maak niks meer heel
soos iemand met ‘n mes teen die keel
besef sy, sy dink te veel

Jy draai weg van die vrou in die spieël
selfverwyt sal jou net nog meer verniel

© Janita Rossouw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed