Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Gebreekte stukke

Deur Palet
Datum gepubliseer: 29 Mei 2017 Aantal woorde: 97 56 Kere gelees 2

Die een se slinger spoor word dof
tot waar dit wegloop in die stof
soos koeӫls plof
die reӫn druppels neer

Die winde hoes gebreekte stene
en sinkplate dans in die strate
blomme leef in ‘n plastiek pot
die wӫreld is ‘n gekraakte dop

Dis die lewe, dis hoe dit werk
sonder wind wat golwend oor die oseaan waai
so breed en swaar soos ‘n swanger vrou
sal die wolke in die laatmiddag kom draai

Wel al wat ek kan sӫ is
wees sterk
die reӫn is jou trane
die sonskyn jou lag




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 166
    Kommentaar telling: 289

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 54 gaste aanlyn