Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: “#FORMAT C”

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 28 Maart 2017 Aantal woorde: 98 198 Kere gelees 1

Haar stilte
was al wat hy moes hoor
Op daardie oomblik het hy besef
hy het die perfekte een verloor

Hy het gedink hy het gewen…
maanskyn en rose
en woer-woer speletjies
het geen einde geken

Hy het altyd geweet
dat sy weer sal herstel
Nooit besef
dat sy net tyd aftel

Vergeet en vergewe
het sy maar weer
elke keer
die “reset” knoppie gedruk

Nooit het hy besef hy was reeds
n laaste kans gegee
In stede van “reset”
druk sy toe “format C”

(Format C in net soveel beter as #Delete – dit maak n hardeskyf silverskoon)




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Toom

      Toom

      Februarie 16, 2017

      Liefde in tye van . . . die internet.
      Of ek so reg daarvan hou, is seker nie so belangrik nie — ek staan al by die uitgangshek.
      En ek kan net hoop en wens dat die jongeres daarmee klaarkom.
      Dis niks vir my nie, maar jy het jou boodskap duidelik oorgebring. En dit goed.
      Ek wetie, ek wetie, ek wetie. Maar dankie vir die denk-hupstootjie!
      GvT

    2. Viooltjie

      Februarie 17, 2017

      Dis goed gedoen, Loretta 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 65
    Kommentaar telling: 56

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 110 gaste aanlyn

    Bydrae Totale