Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Fielies Fisant – Jagplaas eskapades

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 30 Mei 2017 Aantal woorde: 1601 105 Kere gelees 2

Oorle oupa het n jagplaas op Marken gehad. Dit het later n instelling geword dat die kleinseuns so om die beurt op skoolvakansies daar gaan kuier. Een skoolvakansie gaan kuier ek en my oom se seun, Japie, by oupa op die plaas. Al was ons twee voelbloed stadsjapies en die plaaslewe baie premitief en harde werk, het ons dit altyd vreeslik geniet en kon nie genoeg daarvan kry nie.

Oupa het ‘n paar beeste en boerbokke aangehou, en het met hoenders ook geboer.

Omdat dit wintertyd was, en dit reeds vroeg donker geword het, het die beeste teen skemer reeds kraal toe gekom. Een aand sien Oupa dat sy teelbul, Samuel, nie saam met die res van die beeste by die kraal aangekom het nie. Hy sê toe vir die ons, Japie twaalf en ék veertien jaar oud, dat ons groot en sterk genoeg is om die bul alleen te loop soek. Omdat dit reeds donker was, en hy nie wou hê dat ons die pad in die donkerte moes beister raak nie, gee hy vir ons ‘n flitslig ook saam.

So loop ons toe in die rigting wat oupa ons beduie het, met die toorts wat ʼn dowwe liggie voor ons gooi. Later is dit al pikdonker, en ons loop mekaar en bang praat. “Sê nou ons kom op ‘n leeu af, wat sal jy doen? vra Jaap vir my. Ek belowe jou, ek sal ‘n skoon onderbroek nodig hê, antwoord ek. En wat sal jy doen, vra ek vir Japie? Ek sal hardloop broer… hardloop soos wat ek nog nooit in my lewe gehardloop het nie.

Skielik sien ons twee paar oë wat in ʼn bos voor ons blink en skree gelyk, leeeeeeu!!!!!!!! Jaap trek los en begin hardloop, al op een plek, soos skok en angs hom laat sukkel om weg te kom. Ek skrik myself heeltemal besimpeld en slaan flou in die voedpaadjie neer. Toe Japie uiteindelik op dreef kom, hardloop hy ʼn suurlemoen boom op die werf, wortels en al uit die aarde uit. Hy hardloop met so ʼn spoed teen die klipdam vas dat die dam se muur kraak, en die water deur die krake begin spuit. Hy vlieg op en begin huis se kant toe nael. Hol die kombuisdeur met skarniere en al uit die deurkosyn uit, dat die deur op die kombuis tafel te lande kom. Met dié, die tafel ook heeltemal flenters.

Half deur die slaap storm oupa en ouma die kombuis in. Wat gaan hier aan, vra oupa. Al wat Jaap uit asem uiter is, leeu oupa, leeu, en verloor sy bewussyn net daar voor die Union no 7.

Intussen het ek bygekom. Vir ʼn paar oomblikke deurmekaar rondgestrompel – eers my noord en suid agtermekaar gekry. In die verte sien ek ‘n lig en dink dis die huis. Vol hoop hardloop soentoe, net om agter te kom dat dit ouma se hoenderhokke is.

Omdat daar nie elektrieseteit op die plaas was nie, het ouma die twee duisend kuikens met gaslampe warm gehou. Dit was bitter koud en ek het baie jammer vir die arme kuikens gevoel. Omdat ek hulle so jammer gekry het, en nie geweet het dat ouma die vlammetjies spesifies klein gestel het, om die regte tempratuur te behou nie, draai ek toe die gaslampe heelwat groter, (sodat die arme ou hoendertjies nie oornag van die koue beswyk nie).

Van die hoenderhokke af, het ek die pad huistoe geken. Daar aangekom vra oupa waar ek dié tyd van die nag vandaan kom en hoekom ek so wit om die kiewe is. Al wat ek toe vir oupa sê is dat daardie leeu ons baie groot laat skrik het, ek dat ek nie my pad huistoe kon vind nie omdat ek die flitslig verloor het. Met ʼn onderduimse glimlag, lig oupa ons in dat hy reeds by die kraal was en dat ou Samuel darem veilig daar aangekom het. Hy vertel ook dat dit Samuel se oë was wat ons uit die bosse begluur het, en dat daar geen leeu binne ʼn tien myl radius in sig is nie. En so gaan slaap ons toe dood moeg sonder om te eet.

Die volgende oggend by die hoenderhokke aangekom, kry ouma amper ‘n oorval toe sy ontdek dat al twee duisend kuikens verskroei het. Net daar en dan besluit hulle dat hulle genoeg gehad van die stadsjapies wat amok maak op die plaas, en roep ons nader met die sambok. Ons sien toe dat daar groot moeilikheid oppad is en laat spander vir die rivier, verby oupa se watelemoen lande, tot waar ons onder die groot apiesdoringboom by die rivier tot ruste kom.

Ons het onsself asvaal geskrik toe ons sien dat daar so vyftig meter van ons af, ‘n regte leeu mannetjie by die oewer staan en water drink. Met ‘n gegil en ‘n geskree vertrap ons mekaar amper soos ons die tamaai apiesdoring so vining en hoog as moontlik probeer uitklim.
Die leeu moes ons gehoor het, want hy het opgekyk, ons gesien en stadig in ons rigting begin nader sluip. Asof hy snaaks wou wees, maak hy homself onder aan die voet van die boom tuis, uitgestrek op sy rug, sodat ons nêrens het om heen te gaan nie.

So soek oupa en die plaaswerkers ons vir drie dae lank. Laatmiddag op die derde dag, kom die soekgeselskap ook by die rivier aan. Gelukkig het een van die plaaswerkers van vér af die leeu onder die boom sien lê en vir oupa gewys. Tot oupa se verbasing, sien hy die twee van ons hoog in die boom sit en soos twee bang bobbejaantjies aan mekaar klou. Nadat oupa die leeu met sy haelgeweer verwilder het, klim ons toe effe huiwerig uit die boom uit. Alhoewel die leeu ʼn koers ingeslaan het, was ons steeds doodbang vir wat oupa aan ons sou doen.

By die huis aangekom was ouma verheug om haar kleinkinders lewend te sien. Sy het die blik anysbeskuit voor ons op die tafel gepak en vir ons elkeen ʼn lekker koppie boeretroos te gemaak. Al peinselde vra oupa vir my hoe ons dit reggekry het om vir drie dae sonder kos en water te kon oorleef, en dit nog met ʼn leeu onder die boom.
Ag dit was maklik het ek gespog. Ons het gewag tot die leeu gaan jag, dan het ons vinnig afgeklim, water by die rivier gaan drink, ʼn watelemoen gesteel, en voor die leeu terugekeer het, weer in die boom geklim. Ons wou nie huis toe kom nie, want ons was bang vir oupa se sambok. Daarom het ons liewer in die boom gebly. Ons het gedink, as oupa ons uit die boom wou haal, die leeu vir oupa sou storm…
So, julle het van my watelemoene gesteel, sê oupa en gryp weer na die sambok. Ouma kom tot ons redding deur vir oupa te sê dat ons genoeg gestaf is, en genoeg aaklige ontbeuringe moes deurmaak.

Nadat oupa weer bedaar het, sê hy dat hy ons die volgende oggend vier uur gaan wakker maak, dat ons warm moet aantrek, want ons gaan saam met hom jag. Ons was so opgewonde dat ons daardie nag skaars ʼn oog kon toemaak.

Daar was net een voorwaarde:
Terwyl ons deur die veld loop en soek na wat ook al om te skiet, moes daar doodse stilte gehandhaaf word. Omdat wild se ore so fyn ingestel en sensitief is, mag daar onder geen omstandighede gefluister of selfs die kleinste moontlike geluide gemaak word nie.

Die volgende oggend vroeg uit die vere en warm aangetrek, vaar ons die veld saam met oupa en die spoorsnyer in. Na ure se eindelose gestap deur veld en vlaktes en allerhande vreesaanjeande gebeure, bly ons tjoep stil en gehoorsaam. Teen ongeveer 13:00 die middag wys oupa vir ons om stil te staan. Ongeveer ʼn honderd meter voor ons, sien ons ‘n Koedoe bul onder ‘n boom staan. Oupa lê versigtig aan maar net voor hy die sneller trek, gil klein Japie kliphard agter hom soos ʼn opgeskote meisiekind wat ʼn spook gesien het. Met dié, skrik die Koedoe en verdwyn die bosse in, en oupa skiet heeltemal mis.
Hy was woedend en hard oppad om die outjie ‘n taai klap te gee, toe Jaap hom vra om hom asseblief ‘n kans te gee, om te verduidelik wat gebeur het en waarom hy so aant gille gegaan het. Oupa stem in om te luiser en waarsku dat Japie op baie dun ys is en ‘n goeie verskoning vir sy uitbarsting moet hê.

Hy begin verduidelik…
Sien oupa, toe ons vroeër by ‘n trop leeus moes verby kruip, was ek rasend bang, maar ek het doodstil gebly.
Toe ons moes stillê, en ‘n trop olifante in die verbygaan amper op ons getrap het, het ek geen geluid gemaak nie.
Later het ʼn swart mamba minder as ʼn meter van my af, verby my geseil, en weereens het ek geswyg.
So verduidelik Jaap toe vir oupa, dat na ʼn eekhorinkie in sy broekspyp opgeklim het, tot daarbo, het hy stil gebly. En selfs nadat dié se maatjie in sy ander broekspyp opgeklouter het, ook tot bo, hy dit nog kon hanteer. Maar wragtig, toe hy hoor hoe die een vir die ander vra of hulle die twee neute gaan huistoe vat, of sommer net daar gaan eet, kon hy dit nie meer hanteer nie, en het sommer so spontaan aan die gil gegaan, voor hy homself kon keer.

So raak oupa weer kalm en besluit dat dit beter sou wees as ons liewer huiswaarts keer. Daar aangekom word ons beveel om ons tasse te pak sodat ons vroeg die volgende dag in die pad kon val – terug stad toe.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 54
    Kommentaar telling: 51

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 273 gaste aanlyn