Feetjieland
ons praat met mekaar
nog net deur stories
van prinse en prinsesse
en hul glories
paleise as wonings
koninginne en konings
‘n ridder wat veg teen ‘n draak
is dit al wat nog saak maak?
ons lag net saam oor legendes
van dom rowerbendes
dwerge en reuse
worse aan neuse
Uilspieël se streke
verkeerd-om-weke
maar lag jy regtig of nie
ek is nie seker
ons is vir mekaar nog net karakters
ons speel toneel
word deel van verhale
van voorgee-prinsesse in dans-sale
van niks wat waar is
en ek wonder of jy my kind regtig daar is
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.