Jongste aktiwiteit:

ENGELE OP MY PAD-MY LIEFDESENGEL

Dit was seker so vyf jaar terug toe ek die aand met my vakansie langs die strand gaan stap het. Die son het net onder die horison begin verdwyn en die laaste strale het die wolke rooi getint. Saam met die dreunende branders en wit skuimperd golwe wat strand toe jaag was dit die volmaakte prentjie.

My kamera is altyd by my en moes ek hierdie pragtige toneel afneem. Ek het net die sluiter klaar gedruk vir hierdie treffer foto toe sy uit die niet voor my kameralens verskyn.

Geklee in n bikini met n deurskynde swart, deursigtige, jurk oor die bikini het sy haar arms uitgestrek. Die wind het deur haar lang, golwende swart hare gespeel en het sy duidelik teen die ondergaande son afgeteken gestaan.

Ek kon nie anders as om hierdie prentjie op film vas te lê nie en het my kamera se sluiter geklik.

Toe ek my kamera laat sak was ek net betyds om haar oor die sand te sien wegdartel, ek was te laat om haar te groet en kennis te maak.
Vir die res van my vakansie was ek elke aand op die strand met die hoop om haar weer te sien maar sy het verdwyn en is ek huis toe sonder om haar weer te sien.

By die huis het ek die foto laat vergroot, geraam en in my slaapkamer opgehang waar ek haar elke aand kon sien en met haar gesels want ek kon haar nie uit my gedagtes uitkry nie. Snags in my drome was sy met my en het ek haar teenwoordigheid aangevoel. Die engel in my lewe het ek haar begin noem en elke jaar met my vakansie weer gesorg dat ek saans op die strand is met die hoop om haar weer te sien.

En toe gebeur dit nou, vyf jaar later. Ek het haar die aand van ver af oor die strand gesien toe sy aangestap kom teen die ondergaande son wat besig was om op die horison weg te sak en die wolke rooi tint soos die aand toe ek die foto geneem het.

Net soos die vorige keer het sy weer gaan staan, haar arms oopgesprei en die vars seelug ingeasem. Hierdie keer was ek reg en toe sy haar arms laat sak was ek by haar.

Toe sy bewus raak van my en na my toe draai het my hart n ruk gegee, voor my staan die mooiste wese wat ek nog ooit gesien het, my engel het werklikheid geword.

Die res van ons vakansies het ons saam geniet en mekaar werklik leer ken. Vir my was dit n hemelse vakansie met my engel wat werklikheid geword het.

Ek het haar vertel van die foto en waar dit hang. Ek het haar ook vertel dat sy die engel in my lewe geword het en dat ek haar nooit weer uit my lewe wil laat uitgaan nie.

Toe sy my slaapkamer vir die eerste keer instap gaan staan sy lank voor die geraamde vergroting en kyk daarna.

“My engel in my lewe”, fluister ek sag in haar oor terwyl ek my arms om haar sit en haar teen my vasdruk.

Sy draai om en kyk my lank en intens aan met daardie sielvolle blou oë van haar: “Ek dink dit is wonderlik om die engel in jou lewe te wees. Ek wil altyd jou engel wees”, is haar antwoord en daarmee is alles tussen ons verseël en gaan sy my engel word vir die res van my lewe.
Ek het my liefdes engel gevind en gaan sy nou dag en nag deel wees van my lewe. Saam gaan ons oud word, kinders hê. Saam sal ons mekaar deur die lewe dra tot die doo dons skei maar sys al altyd my liefdes engel bly.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed