Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Emparikus

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 22 September 2017 Aantal woorde: 92 27 Kere gelees 4

Sy het jou hoogtes gesien van naby
gewoede weerlig hoor blits uit die hel
donder gehoor in jou stiltes
sy ken jou
sy hoor jou ook
miskien volg sy die verskuilde
toekomsspore in jou oë;
daggestaltes van die geel
skynsels in jou son.

Soms glip sy terug in die gleufies
van jou spinnekopweb oor haar muur,
deins weg van die dun inkeepings
in jou deursigtige oomblike.

Maar sy loop aan
pynlik en pleitend padlangs
elke nag en deur die volgende dag
todat die eb van haar gety verskuif.

© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      September 24, 2017

      Weemoedig maar pragtig gepen. Ek hou baie van jou laaste vers. Hou aan met loop, maar kyk tog eendag terug – net om te sien hoe vér jy al gekom het. 😉

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 74
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 96 gaste aanlyn