Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Elegie vir Randall

Deur OrangeBlue
Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 Aantal woorde: 199 74 Kere gelees 1

Swaar om afskeid te neem,
as die hamer se stem
verstil,
in jou hand bly koper ongeplet,
die kole hul rooirokke swaai,
wanneer die blaasbalk sy asem oor hul waai

jou hartlam in ‘n songeel rok,
lippe rooi granaat verklap haar hart se aard,
wimpers blink gedou,
as die nag sy mantel om haar geliefde vou

jou vader ‘n dopper
so ook jy,
met kakiehemp en beesvelbroek,
jou woorde drup in harte
uit soet heuningkoek

die oggendstond sluip nader,
die afskeid onkeerbaar,
ek sou kon wens
dat hy jou lewe verleng,
om jou hartlam se onthalwe

die blaasvlam rus,
by kole dood gesus,
o jou hart se lam
dans met haar rooi rok,
die dans van jou aardse reis.

jy klim uit khakihemp en beesvelbroek,
in nuwe gewaad
met koper wandelstaf,
vee jy oor jou baard as jy groet

jou oë vertel
liefde is die kleur van granaat,
jou lippe belowe
liefde soeter as heuningkoek,
jou arms wys
uit liefde het hemelse vrede verrys

ligvoets jou voeteval
oor kalahari-duine dal,
laag het jy voor die here gebuig,
‘n gemsbokram wie se dag verbygaan,
in eerbied laat hy sy sierlike horings sak.

©Orange Blue

*gedeeltes van sy lirieke hierin vervat




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 25, 2017

      So innig mooi.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van OrangeBlue

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 9
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 40 gaste aanlyn