Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Eksistentialistiese krisisse is sinoniem met Sondagaand

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 27 Junie 2017 Aantal woorde: 201 28 Kere gelees 1

Hoe verlig jy
‘N stad gebou onder konstante
Halfskemer
Ek sou waarskynlik
Al lankal tou op gegooi het
Ek wou op jou opgegooi het
Met hierdie onmenslike taak
In hierdie ongoddelike plek
I’ve been inside the belly of the beast
Daar is plekke waar sonskyn nie reach nie, my dear
Ons suig die een en enigste aarde leeg
Van klewerige swart kak en
Bliksem dit neer oor die vlaktes
Sodat ons vinniger van punt A na punt C kan fok net om te vind punt C lyk pretty much nes punt A
i.e. Teerbesmeer en fokken misrabel in sy eie dofgeel rookwolk
En tussenin ruk iemand jou hart uit jou hand uit by punt B to add insult to injury
En jy vloek en jy vloek in die nanag
Impotent en pateties
Terwyl die volk na jou staar
Te bevoorregd om suffer maar te bewus om vreugde daarin te vind
En een aand nadat jy oor die jare reeds jou siel se teerpaaie fucked up gery het deur die lewensalfabet
Jou wiele vervorm en jou brandstof gone
droom jy dat jy onvoorwaardelik lief kon hê
En dit gee jou ‘n strange sense of elation
En vir welke rede ookal
Hoop




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 27, 2017

      Ek like

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 112 gaste aanlyn