Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ekself

Deur ANTON
Datum gepubliseer: 10 September 2017 Aantal woorde: 122 11 Kere gelees 1

ekself
soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef
strooi my vrees dan oor die see
laat die wind my neem, laat die wind my neem – Joshua na die reën
laat die wind my neem, my strooi oor die see
waar ek spoel en net myself kan wees
en as die vrees wit in my brand
wees jy die koester wat dit wyk uit my gees
as ek alleen deur dale wandel
en in stilte my beeld behou,
strek jou hand tot teen my kniel
waar ek bid tot die mens se beeld
asof God Homself lewendig toon
hier in my eie self…
wees jy die een
wat my laat staan
sonder prysgee
van die eie self
@Anton Kilian




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van ANTON

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 39
    Kommentaar telling: 26

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 101 gaste aanlyn