Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ek wil skryf

Deur ANTON
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 Aantal woorde: 133 26 Kere gelees 1

ek wil skryf sonder woord
my gedagtes pen sonder papier
en soos ‘n boek sonder blaai,
bly ek ‘n papie in ‘n kokon
myself soos ‘n rusper toegespin
kan ek dikwels leef van die sap
wat ek vind in blom en vrug
en die woord van ander so mooi,
kom my voelhoring se dunste aar
verander die insek na kleurvolle vlinder
en as een traan oor die rol van my wang
sy gang vind tot diep in die holtes
waar my hart sy eie paaie loop,
kom klankgroepe in gedrukte woord
asof vleeswording my uitkoms bied
druk my hand ritmies sag op die klop van my hart
gevoelvol en sedelike na my innerlike wese
asof jou ywer my geesdrif word,
word jy die binneste deel
van my vingers se teerste streel
@Anton Kilian




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van ANTON

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 40
    Kommentaar telling: 26

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 73 gaste aanlyn