Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek sal dit onthou

Deur Palet
Datum gepubliseer: 17 Maart 2017 Aantal woorde: 50 88 Kere gelees 3

Langs die pad
in die herfstige gloed
van asemhaling
wil ek nie opgee
wil ek nie verloor

Die bome vlam teen die berg
die herfsoggend is opgevang
soos koel glas teen die wang

Neste roer in die wind
die wit refleksies in die dam
sleur ongesiens onder
‘n wilgerboom in




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 18, 2017

      Lieflike rustige vers

    2. profiel foto van Palet

      Palet

      Maart 19, 2017

      Dankie vir die kommentaar

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 178
    Kommentaar telling: 293

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 9 gaste aanlyn