Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek omhels die skoonheid

Deur Janetta-Helena Boonzaaier
Datum gepubliseer: 7 Maart 2017 Aantal woorde: 85 118 Kere gelees 2

Ek omhels die skoonheid

Ek is lief
vir die lewe
Ek is lief
vir my familie en vriende
Ek is lief
vir al die seisoene
Ek ken droogtes en
stompgevrete twagraspolle
en in goeie reënjare weidse
wuiwende grasvelde wat
later soos ryp koringlande
tot in die verre einders strek…
Ek is lief vir
musiek,
digkuns,
skilder,
al die edele kunste
daarom is ek lief vir die lewe
en omhels die skoonheid want
die lewe is ‘n eenmalige gawe
van stoflike bestaan.

Janetta – Helena [Babs]©




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 337
    Kommentaar telling: 205

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 80 gaste aanlyn