Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: EK, MENSBOOM ( met erkenning aan René Bohner)

Deur Lorraine
Datum gepubliseer: 11 Oktober 2017 Aantal woorde: 87 14 Kere gelees 1

EK, MENSBOOM (met erkenning aan René Bohner)

Na jare se pynbestaan
Was my ekboom dood en vergaan…

Toe reën jy oor my….

My winterverdroogde boom se stam
het verwonderd gestaan
in jou genade se klam
en stadig het nuwe lewe
deur my begin vloei
en my lewensboom
het groen gebloei –
dit was so verfrissend heerlik
na jare se rooi
om my boomtakke
weer in die son oop te gooi

Die vrugte wat van my take hang
is swaar en soet
en hemels soos sang.

Lorraine Smit (2017)




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Oktober 12, 2017

      Pragtig! Dit nou werklik geniet, want ek is maar lief vir tym en ritme!

      • profiel foto van Lorraine

        Lorraine

        Oktober 12, 2017

        Ek moet erken… ek is ook maar iemand vir gedigte wat rym – en wat goeie ritme het! Baie dankie vir jou kommentaar – ek waardeer dit opreg.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Lorraine

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 11
    Kommentaar telling: 5

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 74 gaste aanlyn