Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: EK LOOP DIE PAD.

Deur Kobie
Datum gepubliseer: 14 Maart 2017 Aantal woorde: 209 120 Kere gelees 3

EK LOOP DIE PAD.
Ek loop my pad my Heer en Meesster kaalvoet nes
die kaal voet klonkie oor glasstukkies en klippies
oor berge en dale soms tel ek ‘n diamant op en gee
dit vir die naasste een wat my pad kruis
Al loop die trane oor my wange en word my kopkussing
papnat en bloei my voete weet ek U is daar
wat my hand vashou as ek bloei die bloed stop die trane
afvee met ‘n sagte lappie wat my weer krag gee
Nes ‘n gekneusde roosblaar laat u dit droog word
en trek U die heerlikste geur daaruit waarin ek
weer my liggaam en voete mee kan verfris sodat
ek kan aan hou stap en dalk weer ‘n diamant kan
optel en gaan kan gaan uitdeel
my heel voete kan wys my droe wange weer kan
verfraai en die pad weer kan loop
al is dit oor glas stukkies en klippies
maar in my gemoed smeek assseblief
dat die pad al hoe minder seer sal
maak en ek in een voud my geur
en siel kan openbaar vir iemand
wat u sagte lappie kan voel
teen hul wange en U die bloed
kan stop van hul seer voete.
~JAC~
2017-03-13
(KOPIE REG VOOR BEHOU)




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Kobie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 33
    Kommentaar telling: 12

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 46 gaste aanlyn

    Bydrae Totale