Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek laat weet jou net

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 19 April 2017 Aantal woorde: 29 89 Kere gelees 3

Die okkerneute het toe mooi gegroei
– so ook die amandels.
En wyl ek weer deur gister’s boorde loop
breek ek ryp vye
in my hande oop.

© Carma Shaw
19 April 2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Amanda

      Amanda

      April 19, 2017

      Viooltjie, uitstekend. In so kort versie, vang jy soveel emosie vas sonder enige rymdwang. Maak my skoon weemoedig. Die titel speel so mooi rol in hierdie gedig. Daarsonder sou die gedig amper té duister gewees het.

    2. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 19, 2017

      Baie dankie, Amanda. Ek dink jy het die atmosfeer mooi raak gelees. Baie dankie vir die saamgesels 🙂

    3. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      April 20, 2017

      So min woorde wat so soveel sê…😟. En ja, die titel gee beslis klariteit aan jou gedig. Goed gepen Carma.

      • profiel foto van Viooltjie

        Viooltjie

        April 20, 2017

        Groot dankie vir die saamlees en kommentaar, Loretta. Ek waardeer dit 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 172
    Kommentaar telling: 695

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 20 gaste aanlyn