Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek laat weet jou net (2)

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 20 Mei 2017 Aantal woorde: 61 63 Kere gelees 1

Ek laat weet jou net (2)

Dis kwart oor agt op ‘n Saterdag.

Die son gooi haar vlam
deur kareewilgertakke,
teen rooi siersteenmure
en omber* teëldakke.

Die son strooi haar lig
deur winterwit wasem.

Dis vroeg in die oggend
– die Boland haal asem …

© Carma Shaw
20 Mei 2016

*omber – ‘n pigment, beskikbaar in skakerings van bruin, wat gebruik word om verf te kleur.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Mei 22, 2017

      Soos altyd pragtig Carma

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 172
    Kommentaar telling: 695

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 72 gaste aanlyn