Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek kom haal jou in Augustus

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 13 Mei 2017 Aantal woorde: 127 78 Kere gelees 1

By Postberg, aan die Weskus
digby Langebaan –
dis waar madeliefies weer vanjaar
so geil oor vlak en rante staan.

En teen die duin’
– daar waar hul strandlangs hou –
blom vaalblaar salies roes en blou
langs die oranje, wit en geel geweef
waaroor meeue op die winde sweef.

Die blesbok en die eland wei
voor heuwels en ‘n krans verby.
Dis ‘n dikkop wat so eenbeen rus.
Die voetpad loop tot teen die kus.

En nou
– wyl Augustus na sy einde draal –
wens ek só
ek kan jou kom haal
wyl hierdie land van sand en klip
‘n bont sarong
oor lend’
en skouers glip –

hier by Postberg, aan die Weskus
digby Langebaan . . .
waar madeliefies wéér vanjaar
so wild en wyd oor velde staan.

© C. Shaw
1 September 2016




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 193
    Kommentaar telling: 707

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 66 gaste aanlyn