Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Ek Afrika

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 13 September 2017 Aantal woorde: 96 11 Kere gelees 2

deur ‘n (on)begeerlike landskap
wat trillend vibreer;
ritmies en dorstig
diep in jou hart kruip
soos sonstrale se lag
wat salig oor jou spoel
jou wese kan
stom klop met sy hart se skop
ék Afrika
jy my Elysium
op díé oop klip van Tafelberg
vou ons nou ons hande saam
voor hierdie hemelsmaal
van ons vir altyd vergaan:

“Seën ons Vader
hier waar ons in Afrika vergader
ons land van kleure en klank,
bedek ons met U vrede en liefde
want U genade alleen
het nóú ons meer nodig
as brood of water.”




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 60
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 106 gaste aanlyn