Jongste aktiwiteit:

Eens op ‘n tyd

Daar was ‘n dag
wat ons vir mekaar kon kyk,
Sonder dié verwyt…
Voordat jy my gewelddadig, brekend
uit jou lewe uit sou smyt…

Tog sit ek hier vanaand alleen,
en staar na ‘n verblykte foto
Ingekerf in ‘n sielsmuur van herinnering,
Wat soms nog ongewensd in my hart kom spook

Sou ek dan soekend na antwoord,
vir jou vra…of…
Spook…ek…ook?

Sal al wees wat jy dan sê…

Eens op ‘n tyd.




1 Kommentaar

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Fees projek (Jy moet net die opdrag mooi deurlees en dan die reëls mooi volg asb, as jy dalk nie verstaan nie kontak my asb by skryfafrikaans@ink.org.za of per inkassie hier op INK)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed