Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DOWN SINDROOM

Deur Kobie
Datum gepubliseer: 8 Maart 2017 Aantal woorde: 3293 250 Kere gelees 1

WARE VERHAAL -DOWN SINDROOM

Dit is Januarie die 30ste 1975 stil staan ek in die hospitaal kamer, almal wat saam met my gekraam het is almal al huistoe, omring deur so baie ruikers, op ‘n klein plattelandse dorpie, is dit nie snaaks om so baie blomme te kry nie. Ek het al almal vir die soveelste keer water gegee, en voor  voor die  venster gaan staan en  na buite gekyk. Op die gras loop die Hadidas en skree hul skree, ‘n koue rilling trek deur my hele liggaam.   Vir wat skree die voëls vandag so hard  wonder ek.

‘n Harde stem in die gange van die hospital weerklink my ore “Baba O’Neil is ‘n Mongool julle wil nie na my luister nie.”

Dokter praat asseblief sagter Mevr  Prinsloo is nog in haar kamer,ek het verstar gestaan vir hoelank weet ek nie, al wat ek kan onthou is die suster en  dokter Swart wat my ‘n inspuiting wil gee, waarteen ek geveg het of my lewe daarvan afhang.  Bel my man nou, sê ek, ek het my klere uit die kas geruk en begin om dit in ‘n tas te druk.

Mev asseblief kom lê op die bed, sê dokter Swart. Gee pad van my af, skreeu ek terug. Vir twee weke lê ek hier en soebat net om my kindtjie by my te hou, elke keer het julle ‘n ander storie loop en loop vinning uit my kamer uit.

Wat is fout my vrou vra my man met sy aankoms. Ek stotter die woorde uit , ek sien hy word wasbleek.  Ek kom nou, sê hy.  Ek het niks geglo of verstaan op daardie oomblik nie, ek het my tas gevat en gestap, my baba in die hospitaal gelos, en is reguit na die distriksgeneeshere se kantore  toe.  Niks en niemand kon my keer nie, ek weet ek het in die dokter se spreekkamer ingebars.

Kobie wat makeer jy is doodsbleek, kom lê hier op die bed, sê die Distriksgeneesheer  dokter Noea. Ek  die woorde uitgestotter , die dokter het my ‘n inspuiting gegee en gesê hy gaan nou self kyk wat gaan by daardie hospitaal aan.  Aangesien ons indiens van die Polisie is, was die Distriksgeneeshere vir ons mediese sake verantwoordelik behalwe vir operasies of kraam gevalle.

Met my man se teugkeer kon ek sien hy is woedend, ek het dokter Piet nou so rondgepluk maar hy hou vol ons baba makeer niks, dit was net ‘n moeilike bevalling gewees. My man het die dokter herhaaldelik kere gewaarsku dat sou die tyd aanbreek dat ek geboorte moet skenk, geen tang verlossing aanvaarbaar vir ons is nie.

Ons het geweet iets is nie reg nie, die baba het so stadig beweeg en ek was die hele 9 maande nie baie gesond nie. Selfs borsluiskoors opgedoen.  Dokter Piet wie verantwoordelik was tydens my swangerskap, het bly se ek is net pieperig. O ja, so pieperig dat  ek byna gesterf het met die bevalling terwyl  hy  in die gang sit en rook het, en gesels het met my man oor polisiehonde, eers toe die teatersuster op hom gil het hy na my toe  gekom in die teater. Nodeloos om te sê hy moes tange gebruik, my baba was direk weggevat van my, al het ek wat gevra om my baba te sien, is daar vir my gesê gaan druk jou gesig vir ‘n volle halfuur teen ‘n muur met krag en kyk hoe lyk jy dan.Die baba het soos hulle dit noem (FACE TO FIBUS GELE)met ander woorde op sy ruggie. Hy is gebore op 15 Januarie 1975 om 4 uur die oggend. Jy sal hom sien mevr ons wil hom eers suurstof gee, was die gewildste verskoning.

 

Soms is hy vir kort rukkies na my gebring met pypies in sy neusie, so klein en tingerig, dan is ek vertel dat hy net baie swak is. Met besoek tye is sy gesiggie weggedraai van die venster in die babakamer waar alle ander babas besigtig kon word.  Ek was glad nie toegelaat in die babakamer nie. Een nag het die nagsuster vir my ‘n abnormale baba gaan wys, Suster hoekom wys jy die baba vir my?  Mevr is net om vir jou te wys dit is hoe ‘n abnormale baba lyk, joune lyk nie so nie, ek wil hê jy moet ophou om jou so baie te bekommer.

In die dag het die dagsuster soms my baba vir ‘n klein rukkie vir my gebring om vas te hou.   Suster hoekom kan hy nie by my bly nie? Jy sien mevr hy is baie swak en moet rus kyk net sy mooi handjies en die ou mooi duimpie en sy mooi ou ogies met sy besondere trek. Dit het my min geskeel ek soek antwoorde, suster my man se oë trek ook so langwerpig, en my oudste kind hoekom moet ek na sy ogies kyk wat steek julle weg? Niks mevr ek probeer om vir jou te wys hoe mooi ou seuntjie is hy, Ja suster ek weet maar hoekom kry hy kos deur sy neusie, vertel vir my die waarheid. Elke keer ‘n ander antwoord.  Ek is maar 24 jaar, wat weet ek, my eersgeborene is 4 jaar, volmaak en hy makeer niks.

Dr Noae het terug gekeer van die hospital en net bevele gegee, kry vir julle die beste kinderarts in Pretoria, ‘n ambulans met goeie toerusting en suurstof gou , dit is dringend.  Hy het by ons op die bed kom sit en my in die oë gekyk.  Kobie ek weet werklik nie wat hom makeer nie al wat ek weet julle baba is baie swak en moet so gou moontlik by ‘n kinderarts uitkom. Ek sal Dr.Piet hieroor aanspreek kry jou dinge reg dat jy saam met die ambulans gaan na Pretoria wat sewe ure se ry van waar ons gebly het, is. My man moes agter die ambulans aanry. Ry julle, met die ambulans… Ek sal reëlings gaan tref by die werk vir ons afwesigheid.

Ek en ons oudste het gou saam huis toe gegaan, klere bymekaar geskraap en was betyds terug vir die ambulans. Die heel pad het die ambulansman mooi na ons baba gekyk, op ‘n stadium selfs toegelaat dat ons ander seuntjie hom so liggies kon vashou. Ek het begin huil en kon net nie ophou nie, vrae gevra sonder om antwoorde te kry, het ek later maar nie meer gevra nie.

Toe ons Pretoria binne ry vra ek die ambulansman, Mnr, my moeder bly net hier om die hoek sy is ‘n verpleegstersuster, kan u asb net vir ‘n paar minute daar stop?  Die ambulansman het eers huiwerig gesê hy mag nie, maar het my seker jammer gekry en tog by my moeder se huis gestop.  Ek het die baba in my ma se arms gesit en gesê Mamma asb sê my wat makeer hom. Haar potblou oë het vol trane geskiet, en net gesê gaan verfris jou gou ek sal die baba versorg, dan los jy vir boetie hier, die spesialis wag vir julle.

Ons het by die hospitalgronde ingery en ek het so naar kol op my maag gekry, ek is direk na die saal waar die kinderarts reeds vir ons gewag het, hy het die baba uit my arms geneem neergelê en ondersoek. Omgedraai en vir my gevra mevr het jy al mooi na jou kindjie se gesiggie gekyk? Natuurlik het ek dokter ek sien niks verkeerd nie, wel het hy gesê, jou baba het downsin droom en hy sal nie lewe nie, omgedraai en uitgestap.  Ek het nie geweet waar is ek nie toe ek weer by myself kom het ek op ‘n bed gelê, my man het my hand vasgehou en gehuil.  Wat is dit Terrie, so tussen deur sy trane het hy my vertel, ons baba het een kromosoom te veel en sal nie lank lewe nie, hulle word selde ‘n jaar oud, die kinderarts het die kamer ingekom en my ander hand gevat. Mevr ek is jammer maar ek moes julle skok en klaar skok, julle is vir te lank in die donker gehou.

Ek neem julle baba op en plaas hom in ‘n suurstof tent, julle moet môre die voorskrif neem en vir my al die toetse laat doen, wel dokter ek weier, ek los hom  nie weer alleen nie.  Dit het mooi praat gekos om my te oortuig hy is nou in goeie hande.  Ek en my man het in die motor geklim en ek het gesê ek wil na my vriendin toe gaan wat ‘n blok van die hospitaal af bly, ons het seker ‘n volle uur in die ronte gery voor ons die woonstel gekry het. Toe haar man die deur oopmaak het , moes ek flou geval het in sy arms. Toe ek bykom het ek op haar bed gelê en sy het my ‘n koppie warm tee gegee. Later die aand is ons na my moeder toe. Ek kon nie ‘n oog toe maak nie, woede, seer, bekommernis en alle ander emosies waaraan jy kan dink het deur my gemoed gespoel daardie nag. Ek het my moeder saggies hoor huil.

Die volgende oggend is ons na die bloedbank toe, vir ‘n hele reeks toetse, daar vergeet die personeel om iets in elke buisie te gooi om te keer dat die bloed nie stol nie en roep ons terug om alles oor te doen. My man was so kwaad en het net eenvoudig geweier, hulle moes toe met die bloed hardloop na die labratorium toe. Ons het ons dae langs die bedjie van ons Baba deur gebring.  Gehuil, vrae gevra en soms net na hom gestaar.

Hy was na my man vernoem (ook die naam Terrie).  Die kinderarts het ons mooi verduidelik hoekom so iets kan gebeur aangesien hy nie die tipiese oorerflike soort downsindroom baba was nie. Die kinderarts het ons huis toe gestuur, en gesê hy sal laat weet wanneer ons hom kan kom haal maar dit sal nie binne die volgende drie maande sal wees wees nie. Glo my hulle moes ons wegskeur van klein Terrie af.

Langs die pad was ons doodstil nie een van ons kon ‘n woord uitkry nie. Toe ons die dorpie binne ry waar ons gebly het, Stel my man voor dat ons gaan eet gou iets by die restaurant voor ons huis toe gaan, ek kan sien julle is moeg, hyself was ook moeg. Met die kom dr. Piet die restaurant binne. Terrie, my man het wasbleek geword en  die dokter voor sy bors gegryp, verskeie mense moes my man vashou, hy was woedend vir die dokter wat bly sê het hy glo dit nie. Mense op so klein dorpie weet alles nog voor jy self mooi weet  so vinnig is die woord versprei. Daar was geen keer aan my man nie. Hoekom het jy toe jy gesien hoe swak hy is nie ons na ‘n kinderarts verwys nie, nee ek is mos dokter Piet, het my man hom toegesnou, instede laat jy ons in die donker vir volle twee weke van hel.

Die restaurant eienaar het die dokter gevra om liewer die restaurant te verlaat. Mense bly maar mense, ons is so baie vertel hoe swaar kry dokter Piet oor die voorval, maar ons is horende doof.

Die tyd het aangebreek dat ons vir Terrie kon gaan haal, groot was die vreugde, hy het gewig opgetel en het selfs kennis geneem wat om hom aangaan.  Terrie het langs my bed geslaap, digby my waar ek elke geluidtjie elke beweging kon waarneem. Ek het gebid en gebid selfs nie Hanna in die Bybel kon soveel beloftes maak soos ek nie as die Liewe Heer net my kindjie sal gesond maak. Een nag ongeveer ‘n week na ons tuiskoms het ek so eienaardige geluidjie gehoor, opgespring en gegil. Klein Terrie se hele borsie het op na sy gesiggie beweeg as hy asem haal, en dan het sy  gesiggie vertrek. (Ons het dokter Noea gebel wat binne sekondes by ons was, suurstof gou Kobie, hy het Terrie gegryp en hospitaal toe gejaag. Kom ons doop hom, asb Terrie. Hoekom het Terrie gevra, ek het hom vertel van my beloftes, en ek het geglo. Ons het met die Predikant gaan gesels en ons het klein Terrie gedoop.

In en uit die hospital, so het dit vir weke aangegaan tot een aand toe dokter Noea uit ons huis gehardloop en gegil, ek kan dit nie meer hanteer nie Here. Hy het probeer om met ons te praat om Terrie in ‘n inrigting te sit. Oor my dooie liggaam, en ek het voet by stuk gehou.   By die werk moes ek op ‘n dag gaan tee maak vir ‘n Polisie kapelaan en nog ‘n offisier. Ek het nie gemaklik met hulle gevoel nie. Wel ek was nie verkeerd nie. Hulle het gekom om mooi met ons te praat om Terrie in ‘n inrigting te sit, hulle sal ons op die polisie onkostes kom haal die plek gaan wys en selfs vir sy verblyf betaal ons moet net instem. Dominee as jy hiervoor gekom het klim in jou kar en ry terug, my baba gaan nêrens nie, het ek gese. Mevr, het die ander offisier gesê en sy arms om my gesit, ek het weggeruk, luister asb net mooi wat ons vir jou wil vertel.

Ek het ‘n kalmeermiddel geneem en het toe terug gekeer na die teekamer. Mevr Prinsloo klein Terrie het ‘n hoenderborsie soos dit in plein Afrikaans genoem word, hy sal hoe ouer hy word, al hoe meer suurstof benodig en die hospitaal mag hom nie permanent hier hou nie, ek belowe hulle sal mooi na hom kyk in die intigting. Na vele oorweging en nog baie trane het ons ingestem om eers net te gaan kyk. Ek en my man het ingestem om na  die plek naby Pretoria  te gaan kyk, my hart wou breek soveel kindertjies, so bitter  klein, van hulle was totaal misvorm, die groter kinders het ek nie gesien nie.  Mevr baie van hulle se ouers het hulle hier afgelaai en het nooit  weer kom kuier nie, jy het die voorreg om eenmaal ‘n maand vir hom te kom kuier. Wel Dominee ek sal eers hieroor dink. In ‘n mate was daar vertroosting een van die dames wat daar verpleeg het, was een van my moeder se vriendinne,wat ons eers daar uitgevind het. Ek het so stilletjies vermoed dat ek is weer swanger is. Eers toe dit bevestig is dat ek weer swanger was het ek saam met my man ingestem dat Terrie na die inrigting mag gaan. Die ergste was voor ons hom kon inboek moes ons sy identiteit deur ‘n landdros laat wegvat. Wat se ouers is ons.!!!!!! Hoe kon ek weer swanger word en dalk nog so baba in die wereld inbring NEEEE het ek gegil.

Dokter Noea het gereël dat ek na ‘n Ginekoloog toe gaan by die naaste groot dorp, ongeveer 1 uur se ry van ons. Die dokter het my gul en hartlik ontvang, mooi met my gewerk, dit was net die pad wat lank en sleg was. Hy het ons meegedeel dat ons baba nie die oorerflike tipe down sindroom Baba is nie, ek sal jou stuur vir toetse jy sal nie weer so baba die wêreld inbring nie. Ek belowe jou. Op vier maande is ek na Johannesburg gesondheids departement vir toetse, ek het alles deur gegaan, tot ek die laasste vorm moes voltooi waarin ek verklaar, sou ek met die laasste toets die baba verloor of hy het een of ander gebrek mag ek nie die Departement verantwoordelik hou nie.

Wat? Is julle gek, ek weier dat julle ‘n naald in my buik druk, ek het die vorms geneem en  dit op die toonbank gesit en uitgestap, toe ek buite kom het ek opgekyk en gesê Liewe Vader U sal my nie so seer maak nie ek glo U sal vir my ‘n normale baba gee, ek het nie gevra vir die baba nie ek het net nie opgelet nie, ek was te besig met klein Terrie, Here, ek weet U het die baba vir my gestuur. Dit het ek vas geglo. Ek is huis toe, natuurlik was almal nie gelukkig met my nie, maar geweet hulle moet nie eens waag om met my daaroor te praat nie.

Toe gebeur dit dat my moeder ‘n opehart operasie moet ondergaan,in Pretoria, ag nee nog ‘n skok sy is so bitter jonk en daar is nog kindertjis wat sy versorg, my pa is erens maar nêrens, hulle was geskei. Sy wou nooit weer trou nie, toe besluit sy, sy trou die Vrydag in die hospitaal voor die operasie, en ek het geweet net geweet, hierdie is haar laaste bietjie geluk. Sy is vir die naweek huis toe en die Maandag is sy geopereer.  ‘n Week na die operasie sterf sy… My aardse steunpilaar, my vertrooster is weg. Daar het twee klein dogtertjies agter gebly, sonder ‘n huis. My twee broers was versorg in ‘n kinderhuis. Hierdie kinders gaan nêrens, ons neem hulle in ons huis en sal probeer om hulle groot te maak sê Terrie my man. Nodeloos om te sê hoeveel preke en waarskuwings aan ons gegee is, maar nee ons het hulle ingeneem. In die week was hulle in die koshuis gesit, sodat ons nog bietjie ons eie gesinstyd kon hê en naweke het ons hulle gaan haal. Saam het ons baie gehuil, gelag, en het hulle en ons oudste probeer om die lewe vir ons gemaklik te maak hulle self nog nie eens tieners nie.

So het die gaan die tyd verby. Terrie my man se ouma het tagtig geword, en weens hulle ryk familie geskiedenis, was dit verwag dat almal die verjaarsdag sal bywoon. Wat is Amajuba het ek geredeneer met my man ek bly net hier. Einde ten laaste is ek oortuig om te gaan, net omdat ek geweet het ons gaan eers vir klein Terrie kuier, daar het ons sy eerste foto’s en ook sonder ons wete, sy laaste foto’s geneem nie eens met sy doop het ek foto’s geneem nie. Teen die tyd was ek reeds 7 maande swanger. Wat makeer ons oudste kleinding, hy huil aanmekaar, niks help nie, na die funksie het ons besluit om huiswaarts te keer. Ons het net tuisgekom en my man het vir my badwater getap en die bed reggetrek en gesê, gaan rus so bietjie met jou voete in die lug. Met die het daar ‘n Polisie voetuig voor ons huis gestop. My man het die trappe afgegaan, en ek is stilletjies agterna, op die trappe het ek net gehoor, ons innige simpatie luitenant, sê as ons met enige iets kon help. Dit was genade dat ek nie die trappe afgeval het nie. Ja klein Terrie is huis toe, verlos van sy lyding, het die gedagte by my opgekom.  Dit was dieselfde jaar van sy geboorte die ses-en-twintigste Oktober, ons volgende baba is perfek gebore op dieselfde datum as klein Terrie dieselfde jaar in Desember.

Ek sal  nooit van klein Terrie kan vergeet nie, sy gesiggie wat hy so vertek as hy asemhaal, as ek aan hom sê, waar is my seuntjie, was dit asof hy glimlag, hy het sy handjies so in die lug gehou en gedraai en hulle omtrent bekyk maar as ek met hom praat het ek, het ek geweet hy weet wie is ek. Hy was so mooi ou seuntjie, maar het so bitter swaar gekry. My hart was in stukke die dag toe ons hom begrawe het, ek, my man en my skoonmoeder, met net ‘n paar vriende, wat my by bly, is my man met die spierwit kissie op sy arms en die geskree van ‘n Hadia.

Geskryf deur Jacoba O”Neil.

2010-03-08.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Maart 9, 2017

      Kobie hierdie is n hartroerende verhaal wat aan die hart vat

      • profiel foto van Kobie

        Kobie

        Maart 9, 2017

        Dankie vir die lees Neels.Ja dit is Hartseer, maar waar,deur alles leer mens maar die Vader het ‘n doel met alles.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Kobie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 12

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 106 gaste aanlyn