Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Donkerkamer

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 1 April 2017 Aantal woorde: 111 93 Kere gelees 3

moenie daar gaan nie stap verby
die donker kamer van seerkry
hou dit donker hou dit dig
draai dan om na die lig
as jou gedagtes soos ‘n moedswillige kind
wegkruip agter mure en jy haar onverwags vind
jy weer by die donkerkamer verby moet gaan
en die deur op ‘n skrefie oopgaan
die moedswillige kind jou lok om te kom speel
haar seerkry goed met jou te deel
draai jou rug
sluit die deur dig
bou die deur toe asof dit nooit daar was
verf die muur nuut met jou kwas
sê abrakadabra en jou lewe is reg
maar is die seerkry regtig weg?

OF HUIL DIT AGTER DONKER MURE




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 58 gaste aanlyn