Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Donderweer Draak

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 27 Februarie 2017 Aantal woorde: 60 168 Kere gelees 2

Donderweer Draak

Trillegegrom en dromme drom-drom
verkondig die draak se brullende kom
sy oë skerp flikkerende flitse
verblindend oor die aarde gebliksem
sy swaar lyf krakekreun
elke tree ‘n dondergedreun
slaan met knalleskerp krag
‘n oorverdowende vuurtongslag
wat wêreld wyd weerklink
in die donderwolknag

lê en bewe toeknyp-oë klein
tot die dier in die donker verdwyn

© – Barbara Smit – 21/02/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 11, 2017

      Barbara, dit is ‘n treffer m.b.t die besonderse klanknabootsing (Onomatopee), veral in die eerste sin.
      Ek wil ‘n mooi voorbeeld (van onomatopee) van JFE Cilliers met jou deel:
      “Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
      kom die eerste druppels neer.”
      Jou eerste sin herinner my sterk aan bogenoemde.
      In hierdie geval, dink ek egter jy maak sterker gebruik van ‘n klankmetafoor waar die klank nie slegs die geluid naboots nie maar ook beweging suggereer:
      Kyk na die voorbeeld van Eugene Marais:
      “Vinnig langs die paadjie trippel Mabalel
      vrolik klink die liedjie
      wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.”

      Dit is werklik ‘n besonderse sensoriese vers. Jy skryf die leser sintuiglik vas. Ek het oorweeg om die slot te verander maar met lees en herlees laat ek dit eerder so.
      Ek het heerlik hieraan gelees.

      Skryfgroete
      IM

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 33 gaste aanlyn