Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dogter van Levi

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 Aantal woorde: 111 45 Kere gelees 1

Dogter van Levi

Werp my betraande hart
hier voor U voete neer
hoor tog my smeekgebed
in hierdie deurmekaar emosies
beskermend woorde om my kind gevou
eks bang…so bang…so vreeslik bang
die dra-tyd is te gou verby
die wind het klaar die boom gebuig
te laat om foute reg te snoei
hy moet die grootmens wêreld in
is die mandjie ooit voldoende
die Nyl se water toksies
dit slaan genade uit die asem
wat hy sy longe mee moet vul
so bang hy raak verkruppeld
en kan sy weg na U nie kry
o Here, ek is so bang
hy moet vir ewig in Egipte bly!

© Barbara Smit – 6/6/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 30 gaste aanlyn