Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dit is goed so

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 2 Junie 2017 Aantal woorde: 68 103 Kere gelees Hou van

Die blomme
het soos jou liefde
mettertyd verwelk

Die juwele
het ek lateraan
by die goudsmit laat smelt

Jou briefies
en ons kiekies
het tot vuil-geel verblyk

Mooi herinneringe
begin my stadigaan
een vir een ontwyk.

En dit is goed so.

Dis jou laaste woorde
wat aanhoudend
deur my gedagtes breek

Die spyker in ons kis
wat soos ń gifpyl
in my hart vassteek.

En dis ook goed so!




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 2, 2017

      Baie goed geskryf

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 53
    Kommentaar telling: 50

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 24 gaste aanlyn