Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Digter sonder fênsie leestekens

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 13 September 2017 Aantal woorde: 129 10 Kere gelees 1

Digter sonder fênsie leestekens
Reeds aan moedersknie in teelaarde
van ñ skrywer, jou eerste verse die lig
laat sien – op brose jong ouderdom het jy
“Dogter van Jefta” geskenk aan die samelewing

Jou getroue weergawe van tienerwees in die
skool en klaskamer eerbaar reproduseer-
soms ook natuurtonele laat deurskemer in hoe
jy jou sorgelose plaaslewe ervaar het

As jong tiener fantaseer jy oor ñ lewensmaat
wat êrens wag, op ryper ouderdom die wens
uitgespreek dat as jy kon, jy net sou dig vir ñ lewe –
jou hart se wens so passievol verwoord…

Liewe Antjie, met jou gedig: “Ma” het jy
sonder fênsie leestekens of rym my inkatrol,
my vir altyd vas kom bind – verlief, verlore
en verslaaf aan ons taal…
©Marlene Erasmus
13/09/2017
* Met erkenning aan: Antjie Krog




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marlene Erasmus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 11
    Kommentaar telling: 1

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 105 gaste aanlyn