Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK 21

HOOFSTUK 21

Marietjie vat n deel van haar jaarlikse verlof in die tyd wat Elsabe en Hans gaan trou om Elsabe te help maar wil sy haar verloftyd ook vir ander dinge gebruik.
Die aand voor Elsabe se troue gaan slaap Elsabe by Ronel en Jannie en is sy en Hans alleen by die huis. Hulle benut die kans om oor die verwikkelinge om Boskop te gesels en besluit hulle saam om te wag tot die hofuitspraak kom voordat hulle enige verdere stappe neem. Hulle twyfel baie sterk of Willem Roets na al hierdie jare nog vir Boskop se brandstigting aangekla kan word.
Die oggend vroeg gaan sy ook na Jannie hulle se huis toe om daar te gaan aantrek en sommer handjie by te sit om Elsabe reg te kry en is sy uit die manne se pad uit.
Hans en Elsabe trou elfuur die oggend want hulle moet die trein seweuur die aand Johannesburg toe haal om daar aan te sluit met die Trans-Karoo Kaapstad toe vir hulle wittebrood. Dit gee hulle die geleentheid om die middag darem n klein onthaal in die ontspanningsklub aan te bied. Almal het ietsie bygedra vir die onthaal en reël die klub alles onder Ronel se wakende oog. Met klein Ronel al om haar en n yslike pens, sy is weer swanger, het sy alles raakgevat en gereël. Niemand gaan n befoeterde swanger rooikop teë as sy eers hande in die sye, bakarms, staan nie.
Bernard is vroegoggend daar om Hans te help want die arme man se senuwees is klaar en is hy ook sommer Hans se strooijonker terwyl Marietjie die strooimeisie is. Jannie bring haar in die kerk in en ry sommer troukar ook met sy nuwe Pontiac wat hy so pas gekoop het.
Op die kop elfuur verskyn Elsabe in die deur aan Jannie se arm. Toe die troumars begin speel is dit n stralende Elsabe wat die gang afgesweef kom. Haar trourok is van n eenvoudige snit wat wyd uitklok en met n effense lae hals. Om haar nek hang n fyn blommekrans wat Ronel vir haar gemaak het. Hans en Bernard is geklee in donker pakke. Marietjie is self in n pragtige lang wit rok geklee met n kunsblom in haar hare.
Sy kan nie help nie, maar toe Bernard langs haar kom staan word sy skoon lam in die knieë toe hy vir haar kyk en daardie droomverlore glimlag gee. Dit is die oomblik wat Marietjie ook besluit dat sy en Bernard dinge nog die naweek gaan uitpraat, sy gaan hom nie verloor nie en sy is ook nie van plan om veel langer ongetroud te bly nie.
Die onthaal is n heerlike samekoms tussen n klein groepie mense wat hulle genooi het en is dit nadat hulle die bruidspaar op die trein gaan sit het wat Marietjie haar kans kry om met Bernard te praat.
Toe hulle by die huis kom nadat hulle die huweliks paartjie gaan afsien het maak sy vir hulle koffie en gaan sit hulle in die sitkamer. Marietjie weet nie mooi hoe om die onderwerp aan te roer nie want die stremming tussen hulle is duidelik voelbaar.
Na n rukkie se ongemaklike stilte besluit sy, nou of nooit: “Bernard ek wil weet wat is fout. Ek kom die laaste paar dae agter daar is n stremming tussen ons en ek wil weet wat pla jou. As jy moeg is vir my moet jy dit vir my sê, moet my nie aan n lyntjie hou nie”.
Bernard antwoord haar na n rukkie: “Nee Marietjie, ek sal nooit moeg word vir jou nie. Dit is hierdie dinge oor Boskop wat my gedaan maak. Ek vrees enige dag dat Willem Roets die ware toedrag van sake uitvind en dan sal hy my laat gaan. Hy vermoed reeds dat ek vir Ramatsi gehelp het en polisie toe geneem het. Hy weet egter nie van jou nie maar hy gaan dit uitvind een of ander tyd. As die saak voorkom sal hy dit in elk geval agterkom want ek moes ook maar n verklaring aflê en sal ek as getuie geroep word deur die staat. Jy kan vir jouself dink wat dan sal gebeur as hy dit nie voor die tyd al uitvind nie.”.
Marietjie antwoord hom dadelik: “Maar Bernard ek kan dit verstaan dat dit stremming op jou plaas maar jy moet onthou ek is aan jou kant en sal by jou staan, al gebeur wat. Ek wil nie hê dat hierdie ding ons verhouding bederf nie. Ek gaan jou baie eerlik vra, al is ek dalk nou voor op die wa, sien jy n pad vorentoe vir ek en jy saam of nie”.
Sy gaan sit langs Bernard op die bank, neem sy hande in hare en lê haar kop op sy skouer neer toe sy sê: “Bernard jy weet ons is lief vir mekaar en ons moet nie toelaat dat hierdie ding tussen ons kom nie”.
Bernard kyk haar diep in die oë en is dit of tyd gaan stilstaan vir hulle. Hulle lippe vind mekaar sn en word die soen n lang intieme liefdeskus wat Marietjie se maag laat vlinder, die bloed deur haar are jaag en haar kop laat sing.
Nog nooit het Bernard haar met soveel liefde gesoen nie en is dit toe hulle wegbreek wat Bernard vra: “Marietjie sal jy met my trou. Ek het jou lief en wil my hele lewe met jou deel my liefling, al gebeur wat”.
Sy antwoord is n lang liefdeskus voor sy sê: “Ek sal met jou trou Bernard want ek het jou ook lief en jy is my hele lewe en ek wil my lewe ook verder met jou deel”.
Dit is toe Bernard sê: “Kom ons ry gou Senekal toe vanoggend dan gaan stel ek jou aan my ouers voor en dan vertel ons hulle sommer die groot nuus dat ons gaan trou. Ek wil sommer bietjie met my pa ook gesels oor alles wat aan die gang is en ek glo hy sal ons goeie raad kan gee”.
Bernard slaap die nag in Hans se kamer en is hulle vroeg in die pad Senekal toe. Vir die eerste keer hou Bernard haar hand die hele pad vas. Dit is asof daar n nuwe atmosfeer tussen hulle is noudat hulle weet hulle lewenspaaie gaan saamgevoeg word.
Toe hulle voor die huis stilhou trek Marietjie haar asem in. Dit is n pragtige groot huis met n lieflike tuin voor. Haar eerste gedagte is dat die ou spoorweghuisie wat hulle in bly darem baie afsteek teen hierdie huis. Dit is toe wat die gedagte by haar begin posvat dat hierdie duidelik welgestelde mense is en gaan hulle haar aanvaar? Sy is maar net n weeskind wat op die spoorweg werk en sien die hoëklas mense gewoonlik neer op hulle.
Haar vrese word besweer toe Andries en Annetjie Vosloo werklik verras is om hulle te sien. Toe Bernard haar aan hulle voorstel druk Annetjie haar dadelik teen haar vas: “Uiteindelik ontmoet ek die meisie wat Bernard op die wolke laat sweef. Elke slag as hy hier kom is dit net Marietjie voor en agter”.
Andries gee haar ook n drukkie en trek hulle sitkamer toe vir die groot gesels nadat Annetjie tee gemaak het. Marietjie word uitgevra en vertel sy hulle die volle verhaal vandat hulle Boskop verloor het, haar weeshuisdae en van hulle lewe tot vandag toe.
Na al die vertellings verdwyn Marietjie saam met Annetjie kombuis toe om middagete voor te berei en is dit in hierdie tyd wat Bernard vir sy pa van die brand op Langspruit vertel. Hy vertel ook van Ramatsi en dat Willem nou aangekla word vir brandstigting. Hy vertel ook dat hy nou betrokke is en dat hy verwag dat Willem hom gaan wegjaag as hy uitvind dat hy op n manier betrokke geraak het en in die hofsaak gaan getuig.
Hy het net klaar vertel toe die dames weer by hulle aansluit Andries haal die onderwerp onmiddelik aan en verras hy hulle toe hy begin praat: “Ek wil julle iets vertel. Ek en Willem Roets was saam op skool. Hy was n gemene skelm vent en ek en hy het nooit oor die weg gekom nie.
Ek sal in my lewe nooit vergeet hoe ek meer as een keer die skuld gekry het as hy iets by ander kinders gesteel het en hy my kwansuis gesien het toe ek dit gesteel het nie.
Sy dag het nou gekom na al hierdie jare. Marietjie, Bernard het my vertel dat julle Boskop wil terugkoop maar my raad aan julle is ook, wag tot die saak afgehandel is en dan maak julle hom n aanbod. Ek dink dat hy met n redelike groot eis teen hom gaan sit as die hofsaak klaar is. Phillip was ook saam met ons op skool en ek weet, hy gaan dit nie daar laat nie. Hy en Willem Roets was nooit vriende nie. Ek sal help as dit moet”.
Andries se aanbod is vir Marietjie n groot verrassing en kan sy nie genoeg dankie sê nie. Dit is toe Bernard ewe lomp hulle vertel dat hy en Marietjie gaan trou. Vir sy ouers is dit nie so groot verrassing nie en is Andries se kommentaar: “Ek was dit te wagte toe ek Marietjie vanmore saam met jou sien Bernard. Baie geluk en dit is hoekom ek aangebied het om te help, ek doen dit vir my toekomstige kleinkinders”.
Annetjie is in ekstase oor hierdie beeldskone aanstaande skoondogter van haar en dring sy dadelik daarop aan dat hulle op Senekal kom trou. Sy kan dan alles reël en sal dt haar en Andries se trougeskenk aan hulle wees.
Die middagete is heerlik en val hulle eers baie laat in die pad terug Bethlehem toe na die middag se kuier. Oppad terug besluit hulle dat Marietjie n paar dae op die plaas by Bernard gaan kuier. Sy sal haar maar net skaars hou as Willem dalk die plaas besoek want sy wil nie hê dat Willem op hierdie stadium moet weet van haar nie.
Dit word vir haar n heerlike paar dae op die plaas. Bedags is sy saam met Bernard en gebeur die onvermydelike, Willem kom op die plaas aan en kry haar saam met Bernard. Bernard behou teenwoordigheid van gees en stel haar net voor as sy verloofde, Marietjie.
Marietjie erken hom dadelik, net ouer maar ongetwyfeld dieselfde man se beeld wat sy nog al die jare in haar ronddra. Sy voel die wrewel in haar opstoot maar slaag daarin om haar gevoelens in bedwang te hou. Gelukkig kom Willem niks agter nie en vertrek hy later nadat hy sy opdragte aan Bernard gegee het.
Daardie aand sit sy en Bernard tot laat op die stoep en gesels en besluit hulle om Januarie maand te trou.
Voor sy gaan slaap skryf vir die eerste keer in n lang tyd in haar dagboek; “Liewe dagboek. Sjoe ek het jou afgeskeep maar dit was n dolle paar dae gewees. Elsabe was n stralende bruid en glo dit as jy wil dagboek, Januarie gaan dit my beurt wees om n stralende bruid te wees, ek en Bernard gaan trou.
Sjoe dagboek ek sweef van geluk, Bernard het my gevra om te trou en het ek sy ouers ook ontmoet. Ek is mal oor my aanstaande skoonouers en gaan ons op Senekal trou. Bernard se ouers het aangebied om alles te reël. Ek kan nie wag om Marietjie Vosloo te word nie. Dan gaan ek my intrek op Boskop neem maar dagboek dit sal vir my nie genoeg wees nie. Ek wil Boskop terug op ons naam hê en ons sal na die hofsaak besluit wat ons gaan doen.
Ek het Willem ook vandag vir die eerste keer na al hierdie jare te siene gekry en ek moet jou sê dagboek, ek het hom dadelik na al hierdie jare erken. Dit was moeilik om die haat en wrewel in my in toom te hou maar ek het dit reg gekry. Bernard het my net as sy verloofde voorgestel en ek twyfel baie sterk of hy my erken het”
Die liefde blom tussen haar en Bernard in die paar dae en is dit die volgende aand wat die liefde besluit om met mening toe te slaan.
Toe hulle uiteindelik die aand gaan slaap met hunkeringe en verlangens wat dreig om die wal te laat breek gebeur dit toe Bernard haar kom nagsê toe sy al in die bed is.Toe sy lippe hare vind met n nuwe vuur en drif en hy die volheid van haar liggaam teen syne voel breek die wal. Die liefde neem sy volle loop met hulle en voer hulle mekaar die nag van een liefdeshoogtepunt na die ander tot hulle met n diepvervulde geluk in hulle harte in mekaar se arms aan die slaap raak.
Toe die dag oor die Oosterkim breek is Marietjie se woorde aan Bernard voor hy opstaan: “Nou is ek ten volle joune Bernard. Ek kan nie wag vir Januarie maand om Marietjie Vosloo te word nie.
Die res van die jaar gebeur daar nie veel nie. Hans en Elsabe kom terug van hulle wittebrood af en gaan die lewe sy daaglikse gang. Ronel en Jannie se seuntjie word gebore, rooikop nes sy ma en Desember maand kondig Elsabe aan dat sy swanger is. Hans is natuurlik in ekstase oor die aankondiging en moet hulle net keer dat hy nie sy bors sover uitstoot dat sy hempsknope afspring nie.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed