Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 7

Deur neels
Datum gepubliseer: 6 September 2017 Aantal woorde: 1283 37 Kere gelees 2

HOOFSTUK 7

Begrafnisse was nog nooit een van Kas Dreyer se sterk punte nie en is hy as n gemartelde man die diens deur. Sy vrou, Annetjie, moet hom kort kort in die sy pomp om sy aandag by die diens te hou.

Dat Laurika Botes baie mense geken het is duidelik, af te lei uit die vol kerk uit en die lang begrafnis stoet wat na die kerkhof beweeg. Duidelik almal mense uit die hoër kringe van die stad.

Om by te dra tot die droewige atmosfeer is daar n windjie wat waai en oral stof opjaag. Nadat almal om die oop graf saamgepak het begin Kas die mense deurkyk. Hy merk dadelik vir Marie op tussen die mense en fluister vir Annetjie: “Daardie vrou met die swart pakkie en swart bloes, dit is Stefan se sekretaresse. Hou haar reaksies fyn dop want ek het gister die indruk gekry dat sy iets op die hart het maar te bang is om te praat”.

Annetjie, oud-speurder, merk haar dadelik op en fluister vir Kas: “Ek gaan langs haar staan as hulle blomme op die kis gaan gooi. Gee vir my gou een van jou kaartjies. Ek wil dit vir haar gee en haar vra om jou te kontak”.

Skielik bemerk Annetjie vir Chantal en bemerk dat Marie en Chantal mekaar vir n hele paar sekondes lank aangluur en dit is of sy aanvoel dit is nie verniet nie. Tussen hierdie twee vroue is daar n haat.

“Kas, kyk daardie vrou met die lang swart romp en die wit bloes. Sy en daardie Marie het mekaar nou lelik uitgekyk en daar is beslis nie n nooi vir koekies en tee verhouding tussen hulle nie. Daardie vrou moet ons in die hande kry, een van hulle twee hou die sleutel tot hierdie hele moord”.

Kas het al geleer om na Annetjie te luister en knik hy sy kop terwyl hy sy selfoon vir Annetjie gee: “Neem n foto van haar sonder dat sy dit agterkom. Wil die foto vir Stefan met my volgende besoek gaan wys en hom vra of hy haar dalk ken”.

Daar is n paar mense wat fotos neem en trek dit dus nie eintlik aandag toe Annetjie n foto van Chantal neem nie.

Toe die mense in n ry begin inval om blomme op die kis te gooi is Marie toevallig laaste in die tou. Annetjie skuif langs haar in: “Darem verskriklik tragies dat so n mooi vrou so wreed aan haar einde gekom het”, merk sy op.

Marie neem die blomme uit die blommebak uit en terwyl die trane loop skud sy haar kop terwyl sy die blomme op die kis gooi en dan antwoord sy; “Ek bid dat hulle die een wat dit veroorsaak het vang”.

Annetjie skuif Kas se kaartjie ongemerk in Marie se hand en vra vir haar: “Wie is daardie vrou met die lang swart romp en wit bloese”, terwyl sy met haar kop liggies in Chantal se rigting knik.

“Dit is Chantal, Stefan se voormalige sekretaresse”, antwoord Marie met venyn in haar stem wat Annetjie dadelik opmerk en laat vra: “Duidelik het jy nie ooghare vir haar nie”.

Marie antwoord haar egter nie en stap weg want sy het agtergekom dat Stefan hulle dophou.

Die Vrydagmiddag ontvang Chantal besoek. Sy het net vir haar n koppie koffie gemaak toe sy die klop aan die deur hoor. Toe sy oopmaak staan Antoinette du Bois voor haar. Deur die veiligheidsdeur, wat sy nie oopgemaak het nie, beskou sy vir Antointte wat vir haar n vreemdeling is, maar weet sy ook dat sy nou met n agterstrater in die ergste graad te doen het.

“Poppie sluit oop hierdie deur, ek wil met jou praat oor die foto van Langes wat in die koerant was”, versoek Antoinette met n growwe stem, duidelik die produk van te veel drank en rook.

Chantal voel sy word lam maar en sluit die deur oop sodat Antoinette kan inkom. Hulle gaan sit op die rusbank en val Antoinette met die deur in die huis: “Poppie, ek is Langes se chick. Hierdie foto in die koerant veroorsaak nou vir ons baie probleme en jy weet seker dat as die pote hom in die hande kry jy ook in die moeilikheid is”.

Chantal kom bietjie tot haar sinne en vra: “Nou wat verwag jy van my”.

Tot Chantal se ergenis steek Antoinette n sigaret op, trek die rook in en blaas dit in blou rookdampe uit voor sy antwoord: “Hierdie plek word nou te warm vir ons. Ons wil padgee maar dit gaan geld kos. Ons soek n honderd duisend by jou om permanent te verdwyn”.

Chantal voel sy word lam en antwoord: “Waar de hel dink jy moet ek daardie tipe geld in die hande kry, ek het nie daardie tipe geld nie”.

Weer n lang teug aan die sigaret en blou rookdampe: “Poppie jy is maar dom lyk dit my. Jou sugardaddy sal maar moet hoes, hulle is mos redelik ryk. Ek soek nie verskonings nie, Maandag is ek hier en dan moet die geld reg wees of Langes gaan pote toe. Hy kan altyd staatsgetuie draai en die pote vertel dat jy en sugar daddy saam in hierdie ding is, after all julle is mos lovers of hoe het ek dit nou”.

Met die staan Antoinette op en druk sommer die sigaret op Chantal se koffietafel dood terwyl sy aanstap om te loop. Chantal sluit die deur oop en staan opsy dat Antoinette kan uitgaan wat haar groet met: “Maandag middag poppie of jy is Maandag aand saam met Langes en sugar daddy agter tralies”.

Chantal het nie n keuse nie, sy sal moet Stefan se hulp inroep. Gelukkig vir haar antwoord Stefan sy selfoon feitlik dadelik.

“Stefan hier is groot probleme. Daardie vent wie se foto in die koerant was se meisie was hier. Sy eis n honderd duisend rand sodat hulle kan verdwyn en ek het nie daardie tip geld nie. Jy sal moet help en hulle wil die geld Maandag middag hê of hy gaan homself oorgee en ons albei in die ding betrek”.

Stefan voel winduit, hierdie maalkolk word nou vir hom te groot en hy moet nou tyd wen om te dink. Chantal klink vir hom redelik histeries en moet hy haar nou eers tot kalmte kry.

“Kalm Chantal, ons sal hulle Maandag middag betaal. Ek sal Maandag oggend die geld gaan trek en dan kan jy dit Maandag middag aan hulle oorhandig. Ek sal jou mos nie nou in die steek laat nie”.

Chantal is redelik tevrede met die antwoord en dit is toe wat Stefan besluit om oor die naweek plan met Chantal te maak want sy raak nou n wesenlike gevaar vir hom. Hy moet net uitwerk hoe hy dit gaan doen.

Marie de Villiers is na die begrafnis half koersloos en haar gewete kla haar geweldig aan. Sy sit Kas se kaartjie lank en beskou en toe besluit sy sy kan nie langer met wat sy weet saam leef nie. Sy tel haar selfoon op en skakel die nommer op die kaartjie.

Kas antwoord die oproep feitlik dadelik: “Kaptein Dreyer wat praat waarmee help ek”.

“Kaptein dit is Marie de Villiers wat praat. Ek wil jou graag kom spreek oor Laurika Botes se ongeluk”.

Kas kan sy geluk nie glo nie en antwoord: “Marie wil jy my by die kantoor kom sien of moet ek jou by jou woonplek kom sien”.

Marie antwoord: “Kaptein ek sal nou na jou by jou kantoor kom sien want ek wil n verklaring ook aflê oor wat ek weet. Dit sal seker geriefliker vir jou daar wees”.

“Goed Marie, ek wag dan vir jou hier”, antwoord Kas.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 164
    Kommentaar telling: 1104

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 24 gaste aanlyn

    Bydrae Totale