Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 3

Deur neels
Datum gepubliseer: 23 Augustus 2017 Aantal woorde: 1995 23 Kere gelees 1

HOOFSTUK 3

Dit is n lighartige Laurika wat die Maandag in haar motor klim om werk toe te ry. Sy glo dat sy en Stefan die naweek dinge uitgepraat het en dat dit nou net kan goed gaan vorentoe in hulle huwelik. Hy het ook ingestem dat hulle dadelik met n gesin kan begin.

Toe sy die parkeergarage intrek sien sy die man wat daar in n oorpak,met “City mini” se embleem daarop, rondstaan maar steur haar nie veel aan hom nie. Dit gebeur baie dat motors by die werk afgehaal word vir diens en dan later weer terug besorg word. Sy is ook nie die enigste een wat in die kompleks werk wat n Mini ry nie, daar is n paar van die dames wat Minis ry.

Die man wag sy kans goed af. Hy wag totdat daar feitlik geen skoonmakers in daardie omgewing is nie en die een wat daar is steur hom ook nie juis aan die man in die oorpak toe hy die Mini nader en op sy rug onder die voorkant van die motor inseil nie. Na n paar oomblikke kom hy weer tevoorskyn en verdwyn uit die parkeer garage uit. Die skoonmaker is ook al gewoond aan motors wat gehaal word vir diens en weer terug besorg word.

Die middag toe Laurika by haar Mini kom is sy in nog net so goeie bui as die oggend. Vanaand is die aand wat sy vir Stefan wil wys waartoe sy in staat is. Sy wil hom tot in die afgrond in verlei en vir hom wys dat sy meer vrou as die blonde slet is. Sy is haastig om by die huis te kom om haarself voor te berei vir die aand en kom sy nie agter dat die remme besig is om te verswak as sy rem trap om effens spoed te verminder nie.

By n robot wat geel slaan slaan n vragmotor voor haar skielik remme aan en is dit toe Laurika begin rem wat sy voel die rempedaal gee mee onder haar voet en dat sy geen remme het nie. Sy sien net die agterkant van die vragmotor vinnig naderkom en in n desperate poging probeer sy links uitdraai om n botsing te voorkom maar dit is te laat. Met die aaklige geknars van staal en brekende glas gly Laurika Botes die permanente duisternis in terwyl die slag van die botsing die Mini papdruk onder die hoë agterkant van die vragmotor.

Dawid Vermeulen, wat net agter haar gery het, kom tot stilstand en vlieg uit sy motor uit. Toe hy by die wrak van die Mini kom sien hy dadelik dat hy niks meer vir die vrou in die motor kan doen nie. Omstandigers begin saamdrom en dan is dit net sirenes, n metro polisie voertuig het die ongeluk opgemerk en is dadelik op die toneel. Paar minute later stop die polisie ook daar en begin die metropolisie die verkeer om die toneel herlei.

Dawid skud sy kop en nader die polisieman: “Ek is n ooggetuie en kan dit nie verstaan nie, haar stopligte het tog aangekom toe sy rem trap maar die kar het net bly voortsnel asof daar geen remme is nie”, noem hy dit vir die omstandigers op die toneel.

Dawid besluit om eers op die toneel te bly omdat hy voel dat hy as ooggetuie n verklaring wil aflê en dit is hy toe hy langs die pad n entjie terugstap wat hy die kol in die pad sien. Die verkeerspolisie is reeds besig om die verkeer te reguleer en stap hy tot by die kol en sien hy dat daar n streep vir n entjie na die toneel is. Hy vryf sy vinger daardeur en ruik daaraan, remvloeistof. Hy stap weer vorentoe en kom by die sersant wat blykbaar die ondersoek op die toneel lei. Hulle is besig met afmetings en die noodmense, wat ook op die toneel aangekom het, is besig om die wrak onder die vragmotor oop te sny om die liggaam uit die wrak te kry.

Dawid spreek die sersant aan: “Sersant, ek was agter hierdie motor. Die remligte het aangekom en ek vermoed sy het rem getrap maar die remme het gefaal. Kom kyk hierdie oliekol in die pad. Dit ruik na remvloeistof”.

Die sersant is geen groentjie nie en besef hy dat hierdie nie net n ongeluk was nie, hier sit meer hier agter. Hy bedank Dawid en klim op sy radio. Hy verduidelik wat hy vermoed en versoek dat n man van moord en roof uitgestuur word.

Kaptein Kas Dreyer is al oppad huis toe toe hy die oproep ontvang en moet hy terugdraai na die ongeluks toneel toe.

Toe hy by die ongelukstoneel kom is hulle net besig om Laurika se liggam uit die wrak uit te haal. Hy sien dadelik dat daar niks is wat die verminkte liggaam in n lykskouing sal kan oplewer nie maar vra tog dat die liggaam na die polisie dodehuis geneem word. Dan kry hy die insleepvoertuig bestuurder beet en vra dat die wrak polisiestasie toe geneem word.

Op sy vraag aan die sersant op die ongeluks toneel of hulle al n identifikasie het antwoord die sersant: “Kaptein ja, haar I.D. boek in haar handsak en haar bestuurders lisensie. Haar adres is agter op haar I.D. boek en volgens die inhoud in haar handsak is sy Laurika Botes, die eienares van Laurikas Parlour. Volgens haar adres woon hulle in een van die spogbuurtes van die stad.

Kas besluit daar is nie veel wat hy verder kan doen nie, dit is nie sy werk om die naasbestaandes te verwittig nie en hy kan nie voor more n forensiese ondersoek op die voertuig laat doen nie, nie dat hy hoop om daar iets te ontdek nie. Alles is papgedruk in die slag van die botsing.

Die vragmotor bestuurder se verklaring sê ook nie veel nie en nadat hy bietjie met Dawid Vermeulen gesels het neem hy sy adres vir as hy dalk meer wil weet as wat reeds in die verklaring genoem is”. Die sersant kry opdrag dat die dossier vir Kas se aandag gemerk moet word en deurgestuur word na hom toe.

Toe Kas Dinsdag oggend op kantoor kom wag die dossier vir hom op sy tafel. Hy sit ook skaars of sy telefoon lui. Dit is sy bevelvoerder wat hom na sy kantoor ontbied. Hy wil in elk geval die saak met kolonel le Grange bespreek en neem die dossier saam met hom.

Nadat hulle n paar sake bespreek het oorhandig hy die dossier aan kolonel le Grange: “Kolonel, wat dink jy van hierdie saak. Is dit nou maar net n ongeluk of sit hier meer hieragter”.

Kolonel le Grange neem die dossier op en bestudeer die ongeluksverslag en ook Dawid Vermeulen se verslag.

“Kaptein dit lyk my dis hoë profiel mense hierdie. Daar is nog niks in die koerante nie maar ek is seker daar sal vanmiddag berigte en vrae wees. Vir my lyk dit soos n gewone padongeluk maar Vermeulen se verklaring laat mens dink. Ek dink tog jy moet ingaan op hierdie saak, ons sit dalk met n beplande ongeluk hier”, antwoord le Grange terwyl hy die dossier terug gee.

“Ek het die wrak laat polisiestasie toe bring kolonel. Ek gaan nou dat die forensiese mense begin kyk of hulle iets kan vind”, sê Kas terwyl hy opstaan om te loop.

“Goeie roep kaptein en gaan gesels weer met Vermeulen. As hier werklik gemene spel was kan hy n later n sleutel getuie word”, roep le Grange agterna terwyl Kas loop om na sy kantoor toe te gaan.

In sy kantoor gekom skakel Kas die forensiese mense en met nie veel om te doen op die oomblik nie is sy eerste besoekpunt die lykhuis waar hy hom in dr. Veronica du Preez, die pataloog vasloop.

Sy groet hom vriendelik: “More bloedhond en wat waai jou hier so vroeg in die dag uit”.

Kas groet en oorhandig die dossier aan haar: “Daar is n vermoede dat hierdie meer as n ongeluk was. As jy die lykskouing hou wil ek hê jy moet vir my probeer vasstel of sy dalk onder die invloed van alkahol of dwelms was”.

Veronica blaai deur die dossier en steek by Dawid Vermeulen se verklaring vas. Nadat sy dit gelees het oorhandig sy dit terug aan Kas: “Sien nou wat jy agter in is, vermoed dat met die kar se remme gepeuter is volgens hierdie verklaring. Ek sal vir jou n afskrif van my verslag laat kry ou grote”.

Kas se volgende stopplek is by Dawid Vermeulen se kantoor wat hom vriendelik ontvang maar niks by sy verklaring kan voeg nie.

“Kaptein daardie motor se remligte het vol aangekom en het geen spoed verminder nie. Sy het ook nie met n selfoon teen die oor gesit wat haar aandag kon aftrek nie”,
vertel hy vir Kas wat daarna groet en vertrek.

By die polisiestasie is die forensiese mense reeds besig met die ondersoek van die voertuig. Die leier van die span, luitenant Chris Fouche, erken Kas dadelik: “Kaptein, ek weet nie of ons regtig iets konkreets gaan kry nie. Hierdie kar is lelik inmekaar gedruk. Volgens die diensboeke is hierdie kar twee weke terug by die agente gediens en dit op 30000 km. Mens moet dus aanvaar dat die kar in n perfekte toestand was”.

Fouche hou die diensboeke na Kas uit wat antwoord: “Dankie luitenant. Ek sal bietjie met die mense gaan gesels en hoor of daar enigiets abnormaal was”.

Met die diensboeke arriveer Kas by “City Mini” waar die voertuig gediens was. By die werkswinkel ontvangs is dit n jong mannetjie wat hom help en dadelik die werkskaart op die rekenaar spoor. Volgens die werkskaart was dit egter net n diens en was daar niks foute nie.

Kas vra om met die tegnikus te praat wat die voertuig gediens het en roep die man op op ontvangs hom nader. Ook die tegnikus wat die voertuig gediens het bevestig dat daar niks fout was nie.

Kas druk hom bietjie: “Meneer die voertuig was in n botsing betrokke en die dame wat bestuur het is dood. Alles dui daarop dat die remme ingegee het”.

“Kaptein, ek kan jou verseker daar was niks fout met die voertuig nie. Die remvloeistof reservoir was vol en as ek dit moes aanvul sou dit op die werkskaart gestaan het”.

Kas waag n skoot in die donker: “Wat kan veroorsaak dat n voertuig se remme net skielik ingee”.

Die tegnikus glimlag effens toe hy antwoord: “Kaptein n lekplek kan dit veroorsaak. Onder normale omstandighede op so n nuwe voertuig is dit onmoontlik tensy daar n rempyp op een of ander manier beskadig is dat die remvloeistof begin uitlek”.

Kas bedank hom en keer terug polisiestasie toe om te hoor of die forensiese mense al iets gevind het. Hulle is nog besig met die motor maar die leier van die span maar luitenant Fouche wink hom nader toe hy hom sien.

“Kaptein die remvloeistof silinder is onbeskadig en ek het nou n foto van dit laat neem as bewysstuk. Daardie reservoir is dolleeg en ons probeer nou vasstel wat het van die vloeistof geword. Die kar is vol remvloeistof spatsels onder en die rempedaal is teen die vloer”.

Kas kyk Fouche indringend aan: “Wat probeer jy vir my vertel luitenant”.

“Kaptein my gesonde verstand vertel my dat hierdie voertuig se remme ingegee het. Ons moet nou net n bewys kry dat daar met die remme gepeuter is. Dit sal bitter moeilik gaan want die kar se hele voorkant is in mekaar gedruk maar ons sal wel iets kry. Ek dink dat van die pype wat die vloeistof na die remsilinders vervoer was êrens deels deurgesaag of geknyp”, antwoord Fouche.

Ingedagte merk Kas op: “Luitenant in daardie geval is dit mos n bona fide moordsaak”.

Fouche knik sy kop: “Kaptein ek is net op forensies om bewysstukke te soek maar my gesonde verstand stem honderd persent saam met jou.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 91 gaste aanlyn